In Misverstand op Keurboslaan kry ons Riek en sy vriende op pad lughawe toe om vir Josef, wat terugkeer van Engeland, te gaan oplaai. Hulle loop hulle egter vas in ’n avontuur. Hulle red twee Britse vlieëniers van ’n oproerige skare. Riek besluit om die twee mans tydelik op hulle plaas in Swaziland weg te steek. Josef daag met ’n vreemde meisie aan sy sy op en kondig aan dat hy kastig aan haar verloof is.
Oor die outeur
Theunis Krogh, pseudoniem van Stella Blakemore, is een van die mees geliefde jeugboekskrywers in Afrikaans. Haar Maasdorp en Keurboslaan reekse het ’n belangrike bydrae gelewer tot die Afrikaanse letterkunde en het vir baie jare jongmense lus en lief gemaak vir lees.
Die ouer garde sal vinnig vir jou vertel dat die nuus nie meer geskryf word soos vantevore nie, nuuskamers word al jonger en (sal sommige sê) die taal al hoe swakker. Dis dan wanneer die naam Welma Odendaal aangehaal word - ‘n joernalis in murg en been met ‘n liefde vir taal. Rachelle Greeff het onlangs namens Rapport met Welma gesels oor haar loopbaan, wat ook die skryf van boeke soos Landskap met diere insluit en meer.
Die brandrissies in die Clementina van der Walt-keramiekbak in die kombuis, die espresso gemaak op die gasstoof en aangegee in wit porseleinkoppies, ’n inheemse tuin wat ook olyfbome het (een oes agter die rug) en op ’n dubbelbed met ’n Afrika-oortreksel twee ronde welsynkatte, Spikkels en Striep, vertel jou láng paragrawe van Welma Odendaal se storie – dit wat jy nié in haar curriculum vitae sal lees nie.
Maar daar’s nog repe verhaal. En dít weer lê en luier nie soos die katte in die huis met die uitsig oor Long Beach tussen Kommetjie en Noordhoek nie. Dié moet jy uit haar aai, sy’s nie een vir aanhef oor haarself as hoofletter-skrywer nie. Ironies wel en reguit soos ’n lem – met twee kuiltjies wanneer sy lag en dit doen sy dikwels.
Singer, songwriter and author Koos Kombuis had a huge hit with his “Fokkol” song a few years ago. He’s back with a new version - but this time his gripe isn’t with service delivery, it’s with our trashing of the environment. Listen to “Die Groen Fokkol Song”:
(NB: Parental guidance is advised for young listeners.)
After a creative spurt of two books and two CDs in the space of two years, Koos Kombuis has come to the point in his life where he needed to step back and look at the bigger picture.
“I have had some surprising reactions to my recent biography of the Voelvry era,” he admitted. “Instead of bringing musicians together for a common purpose, it has caused more divisions. It seems as if not everyone remembers that era in the same way, and the differences of opinion are far greater than I imagined.”
Koos says that he felt that musicians needed a larger focus to help them forget about local politics, the past, and the old forms of protest. “The issues at stake right now are so much bigger than the things which divided us in the past. It is no longer relevant to worry about who did what to whom, and who disliked whom, for whatever reason. We are living in a time of global crisis.”
Thula-thula is ‘n moeilik-leesboek - moeilik in terme van die tema. Mense se reaksies op die boek verskil soos dag en nag; sommige bel tranerig om dankie te sê, ander om die boek terug te gee. Annelie Botes tree toe tot die debat op LitNet om haar kant van die saak te stel:
Om te reageer op die Thula-thula-debat op LitNet, kan die pyle reguit in my eie bors laat vassteek. Maar die stemmetjie sê ek moet liefs iets sê, eerder as om stil te bly en in my eie klein hoekie nié te skyn nie. Want toe ek die boek geskryf het, het ek mos goed geweet ek gaan die wind uit alle rigting kry, en dat ek straks soos ‘n tolbos sal rol. Waarheen ook al.
Vanselfsprekend kan geen skrywer alle lesers tevrede maak nie. Dis só en klaar. ‘n Tannie van 78 op Despatch het al die pad Baai toe gery om haar Thula-thula met groot misnoegdheid vir my te kom teruggee. Vát hom, sê sy, vát hom net; ek wil hom nie in my huis hê nie. Toe gee ek die R165 vir haar terug, uit my mayonnaise-bottel waarin ek spaar vir ‘n dunplankies-doodskis. ‘n Tannie van 88 het uit ‘n ouetehuis in Bloemfontein gebel en huilend gesê sy wens sy kon Thula-thula gelees het toe sy 18 was, dan sou haar lewe straks beter uitgedraai het. Kalmeer, vra ek nou, daar is nog genoeg in die mayonnaise-bottel vir omtrent 10 terugbetalings. Die ou gryse kan my sommer in ‘n Pep Stores-boks weglê. Whatever.
In Blood at Bay, David Roth walks in on a gruesome accident at the Umvoti sugar mill. Then an auditor who insists that he has evidence of foul play ends up dead. Soon after, David is attacked on the yacht that he is fixing up for his uncle in Durban harbour - and he becomes involved in a struggle to expose the truth without becoming the latest in a series of “accidents”.
Somehow it is all linked to the deaths of several mill workers and their family members some months ago. Evidence and witnesses seems to have a way of disappearing at the Umvoti mill. And then there are the mill workers, who will lose their livelihood if the mill had to close down.
“Rabie looks like she could be the next Margie Orford.” – Jennifer Crocker.
About the author
Sue Rabie has a Masters degree in Fine Arts from the University of KwaZulu –Natal. She is head of culture and librarian at St Charles College, a private boys’ school in Pietermaritzburg. Her previous Human & Rousseau thriller is Boston Snowplough.
Hoe lank neem dit om die lewe baas te raak? So wonder Rouke Bruwer meermale in Somersneeu. Hy en sy boesemvriende, die neefs Robert en Brett van Coller, takel die lewe elk op ‘n eiesoortige manier. Vars uit matriek, is die uitdagings legio. Die vroue in hul lewe, die passievolle, byna magiese Karina Kirstein en die skone Julia, vind saam met hulle uit dat die lewe tegelyk wonderbaarlik soet en bitterlik kompleks is.
Deur die jare worstel hulle, en veral Rouke, ook met die pynlike vraag: Kan mens, as jy ver weggegaan het, ooit weer terugkom? Daarby mors Afrika dikwels met van sy mooiste kinders . . .
’n Meesleurende sage wat veel sê oor die kompleksiteit van die liefde.
Oor die outeur
Helene de Kock woon in Pretoria waar sy o.m. liefdesverhale skryf, asook geestelike lektuur. Haar romans Abel se dogters en Dieper water is in onderskeidelik 2003 en 2007 deur Human & Rousseau gepubliseer en is beide goed ontvang en nie meer beskikbaar nie.
This is set to become a standard reference work on proper English usage in South Africa, especially for those for whom it is not a first language. John will be in conversation with Mbuyisazwe Hector Tshabalala, the Editor-in-Chief: Language Services Section of Parliament.
Vir die digter Gilbert Gibson is skryf ‘n ernstige storie. Volgens hom skryf ‘n digter nie ‘n gedig om iets te heel of as uitlaatklep te dien nie, nee hy doen dit eerder om intens te voel, om diep te sny. Volksblad het bietjie met Gibson gesels oor sy werk en die kuns verbonde aan dig. Gibson se nuwe bundel is Oogensiklopedie.
Om te skryf is nie ’n stokperdjie nie. Stokperdjies is die vulpenne, polshorlosies en Engelse Bybels wat hy versamel. Of dit is goed wat hy in sy werkkamer maak.
Maar skryf – skryf is nie ’n stokperdjie nie, daarvoor is dit te moeilik.
Om te skryf is nie ’n uitlaatklep of terapeuties nie. Om te dig heel niks. Om diep te voel, oop te sny, nuwe emosies en gedagtes bloot te lê is eerder die bedoeling van die digter. Só sê die digter Gilbert Gibson.
Om te dig is om ’n insident of waarneming te bewoord en dit so te verwoord dat dit by die digter self en by die leser nuwe, onbekende emosies sal opwek.
Die onderwerpe waaroor die meeste gedigte gaan, is ernstig en digters is in die beroep met die hoogste selfmoordsyfer. In Amerika is die lewensversekeringpremies hoër vir mense wat hul beroep as digter aangee as premies vir diepseeduikers en valskermspringers.