Author André P Brink is a man with a lot to say – as Alan Yu found out at the recent Man Hong Kong Literary Festival. Yu caught up with Brink to chat about South African letters post-Apartheid. It makes for insightful reading:
“Language,” André Brink says, “is the starting point of literature, an invention in and through language.” As someone who writes in both English and Afrikaans, he should know. He tells me that since the transition to multi-racial democracy in South Africa, more literature is written in Afrikaans, often seen to be the language of racial oppression. It is perhaps not so surprising, since Afrikaans was, in the words of Brink, “shaped in the mouths of slaves” which in a process of “creolisation” became the language of the bourgeoisie in the 19th century.
In a wide-ranging, erudite and stimulating lecture at the 2010 Man Hong Kong International Festival, held recently at the University of Hong Kong, Brink talks about South African fiction after apartheid.
He begins by observing that apartheid has not been eliminated, but is “receding”. “The road to freedom for the creation of literature,” he says, “still has to be walked.”
The wheels of justice may turn slowly, but turn they do. Today the Equality Court in Johannesburg found Julius Malema guilty of hate speech and harassment for comments made regarding President Jacob Zuma’s rape accuser over a year ago:
The Johannesburg Equality Court on Monday found ANC Youth League president Julius Malema guilty of hate speech and harassment.
“This court is satisfied that the utterances by the respondent… amounted to hate speech,” said magistrate Colleen Collis.
“The uttered words constitute harassment as contemplated in the Equality Act.”
Malema has to issue an apology – something he’s previously sworn never to do – and pay a fine. We look forward to bringing you his response to the judgment, as and when he sees fit to issue it…
At the awards announcement on Thursday, 11 March in Johannesburg, two readings were given from The Double Crown, and we present them for you here. The first is by Jamaican poet Amina Blackwood-Meeks, who reads from the book’s preface:
The second is a reading given by the author herself:
Die Woordfees is feestyd vir digters en digliefhebbers. Joan Hambidge, outer van die digbundel Vuurwiel, wat onlangs verskyn het, het hulde gebring aan IL de Villiers. In haar huldeblyk praat sy oor de Villiers se Van Jerusalem tot Johannesburg en dra sy verskeie van die digter se verse voor. Lees tot jou tone krul van lekker kry.
By die Woordfees is daar gelet op:
die versoening van die koerantman en digter se twee personas en dat die een as’t ware aangevuur is deur die ander; daar is gewys op die verskillende huldeblyke wat oor die digter geskryf is (o.a. vir Rapport en die Versindaba se webblad); daar is gewys op die enorme invloed wat die digter op my werk gehad het soos onder andere in Vuurwiel; daar is gekyk na die gedig “Chicago” en hoe dit nou gelees kan word as ‘n afskeid van die lewe; en die voortreflike lykdig oor Lorna Vosloo is ook bespreek en ten slotte is daar gekyk na die retoriese strategie: dat die slot ‘n opsomming is wat alles herroep of anders beskou. Dis hoe my twee gedigte ná sy dood benader moet word.
Lina Spies se nuutste digbundel, Die skyn van tuiskoms is onlags deur Human en Rousseau bekend gestel en Murray24 het namens Die Burger by Spies gaan aanklop. Oor ‘n koppie tee gesels die twee toe lekker oor die bundel, die ouderdom, kinders en wat nog.
OP ’n reghoekige wit oppervlak teen die deur van ’n huis in die Stellenbosse buurt Die Boord verskyn die naam L. Spies in swart. En daarnaas ’n tekening van ’n kat waarvan die stert in die lug staan.
Die digter maak die deur oop. Wanneer sy sien die besoeker moet effens buk vir ’n bougainvillea-tak, versoek sy een van die mans wat besig is om veiligheidsheinings op te rig, om dit weg te snoei.
Die besoeker staan voor ’n boekrak. Deur ’n luik tussen die kombuis, waar sy besig is om tee te maak, en die leefvertrek sê Spies: “Dit verteenwoordig ’n paar van my groot liefdes: Die visuele kunste, plekke en katte.”
In Marico se mambas neem Piet Swanepoel die leser terug na die Vrystaat en Transvaal van net ná die Groot Trek tot in die 1940’s. Dis die wêreld van wilde boere, transportryery, jag, oorlogservarings; liegstories en spookstories.
Mens is hier op die terrein van vertellers soos Jan Spies en Elias P. Nel. Die skryfstyl is nugter en leesbaar, die humor ongeforseerd en oorspronklik.
In “Dem Foel” het ’n boer met goeie bedoelings sonde met sy Engelse buurman. In “Marico se mambas” moet ’n boer sy danspassies ken om slang se kind te ontwyk. In “Pagel se sirkus” boesem miesies Pagel se skerp tong vrees in mens en dier in. Daar is stories oor sterk manne, die legendariese Waterbobbejaan en nog baie meer.
Oor die skrywer
Piet Swanepoel het onder andere sewe digbundels vir kinders by Human & Rousseau uitgegee en staan in die gemeenskap bekend as Piet Rympies of die Rympiesman.
Verskeie van sy gedigte word opgeneem in onder andere DJ Opperman se Kleuterverseboek en Klein Verseboek. Later volg nog ’n digbundel, Groen, by HAUM. Hy bly tans op Rondavelskraal (Rympiesfontein) naby Groot Marico, waar hy en sy vrou, Harriet, die tydloosheid van die bosveld geniet. Waar dinge amper nog net dieselfde is as toe Herman Charles Bosman die Marico soveel jare gelede op papier vasgelê het.
ANCYL darling Julius Malema is in the hot seat again – this time for purportedly failing to submit his tax returns, two years running. Malema’s lawyer, Tumi Mokwena, predictably is taking the stance that it was unethical for the media to report on the issue. And in other news – Malema recently accused Helen Zille of “suffering” from Satanism after churches were demolished in Kayelitsha and declared that Jacob Zuma will definitely enjoy a second term as President. Read on for more Malema madness. You can also get a closer look into Julius’ mind with The World According to Julius Malema by Max du Preez and Mandy Rossouw:
The lawyer of ANC Youth League president Julius Malema has accused an SA Revenue Service (Sars) employee – who revealed that Malema has not submitted his tax returns in two years – of “unethical” behaviour.
Malema’s attorney, Tumi Mokwena, said yesterday: “It’s very unethical for any Sars member to divulge any information about someone to the media.”
City Press yesterday reported that four companies, of which Malema is a registered director and shareholder, were not “tax compliant”.
Die publiek het gisteraand vir die eerste keer met ’n hele klomp nuwe digters kennis gemaak by die bekendstelling van Nuwe stemme 4 tydens die Woordfees.
Nuwe stemme gee aan nuwe digters, wat nog nie genoeg gedigte het vir ’n eie bundel nie, die geleentheid om in dié bloemlesing te publiseer.
Hierdie is die vierde bloemlesing van sy soort en dit is hierdie keer deur Ronel de Goede en Danie Marais saamgestel. Ná ’n keuringsproses en ’n aantal werkswinkels is 22 skrywers in die publikasie opgeneem.
Onder die nuwe digters is Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar en aKING), Annie Klopper (Rockjagter van LitNet), die musikant Niel van Deventer, Marike Groenewald (direkteur van die DA se Jong Leiersprogram) en André Trantraal, een van die skrywers van die grafiese roman Stormkaap.
Daar is ook ’n kunsonderwyseres (Karlien van der Merwe), ’n Suid-Afrikaner wat na Nieu-Seeland geëmigreer het (Bibi Slippers), en ’n digter wat “konkrete gedigte” skep (Hennie Meyer). Laasgenoemde het sy gedig soos ’n papiervliegtuigie opgevou en ná sy voordrag dit oor die gehoor laat vlieg.
Die volledige groep digters is:
Fourie Botha, Lewies Botha, Corné Coetzee, Jan A.F. du Plessis, Sydda Essop, Marike Groenewald, Francilié Hoek, Pieter Hugo, Willem Jansen, Hunter Kennedy, Annie Klopper, Jannie Malan, Hennie Meyer, Heidi Papadopoulos-Pienaar, Bibi Slippers, Adél Steyn, Lou-Ann Stone, Marius Swart, André Trantraal, Karlien van der Merwe, Niel van Deventer, Lize Viljoen