
Met sy wyd bekroonde debuutroman Toorberg in 1986, het Etienne van Heerden een van die belangrikste romanskrywers in Afrikaans geword. Sedertien het sy oeuvre skouspelagtig gegroei – agt lywige romans binne 22 jaar is ‘n merkwaardige prestasie, maar om die standaard te volhou, ‘n des te grote.
In 30 Nagte in Amsterdam is verskeie verwysings na vorige werk, en na Van Heerden se klein vaderland, die Oos-Kaap. En tog verskil dit beduidend van sy vorige werk. Die twee sentrale karakters is twee uiteenlopende persone: Henk, die teruggetrokke, klinies korrekte museumkundige en skrywer, en die uitbundige, uitgelate Tante Zan, van wie Henk die erfgenaam word.
Die keuse wat Tante Zan se testament laat, is bly of gly. Maar dis die tussenperiode, die 30 nagte wat bepalend is. Dit is deurweef van gebeure, ontmoetings en ontnugterings.
30 Nagte is ‘n indrukwekkende uiters leesbare roman, ‘n opwindende verhaal deur ‘n gesiene en belangrike skrywer.
Bekendstelling galery
Book Details
Please register or log in to comment