Go to BOOK SA home
21 Mar 2010

NB

@ BOOK Southern Africa

Irma Joubert beantwoord Kirby van der Merwe se vrae

October 20th, 2009 by Ronel S

Anderkant PonteniloDaar is net een ding waarvoor Irma Joubert skrik en dit is die geel geskiedenisblok in Trivial Pursuit, maar andersins is die skrywer “ietwat van ‘n ontdekkingsreisiger” wat vir niks terugstaan nie.

Kirby van der Merwe het met Joubert gesels oor haar nuwe boek Anderkant Pontenilo en sommer nog baie meer. In die onderhoud sê Joubert sy was vir 35 jaar Afrikaans- en geskiendenis-juffrou en sy kan nie die druk hanteer as sy die geskiedenis vrae in Trivial Pursuit moet beantwoord nie.

Sy sê ook sy “sou graag een toer in die middel-1800’s deur Afrika wou doen en, soos Livingstone, die Victoria-waterval ontdek”:

Waaroor gaan Anderkant Pontenilo?

My boek, ’n liefdesverhaal, speel af teen die agtergrond van die Tweede Wêreldoorlog, met ’n Italiaanse krygsgevangene wat op ’n plaas in die Bosveld beland. Die klem val op die karakters eerder as die oorlog self.

Die roman het twee verhaallyne. Die Suid-Afrikaanse deel speel af teen die Afrikanerkultuur en -politiek van die jare 1938-1946, met die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument, die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog net daarna, die skeuring in Afrikaner-geledere en die oorlog in die Noorde (eindelik El Alamein).

Boekbesonderhede

Please register or log in to comment