Go to BOOK SA home
09 Feb 2010

NB

@ BOOK Southern Africa

As almal ver is spreek van emigrante se verlange na Afrikaans

October 23rd, 2009 by Ronel S

Andries Bezuidenhoud, David Kramer, Francois Smith en Danie Marais

As almal ver isOm te emigreer is moontlik anders vir Afrikaanssprekendes as vir Engelssprekende Suid-Afrikaners.

Só meen Danie Marais, digter en samesteller van As almal ver is, ‘n bundel waarin skrywers en grafiese kunstenaars hul ervarings in die buiteland deel.

Marais het gisteraand by die boek se bekendstelling by die Book Lounge in Kaapstad gesê die feit dat ‘n verbintenis met die taal tydens emigrasie verlore gaan, maak dit vir Afrikaanssprekendes ‘n baie emosionele ervaring. “Jy word oorval deur nostalgie wat jy onder normale omstandighede glad nie sou beleef nie.”

Die bekende musikant David Kramer, van wie daar lirieke in die bundel opgeneem is, het gesê As almal ver is sou seker nie so geslaagd in Engels as in Afrikaans gewees het nie. Hy het self in die sewentiger jare na Amerika verhuis, maar het binne drie maande sy fout agtergekom.

Al is hy Engelssprekend, het hy gesê: “Die tekstuur van Afrikaans, hoe dit in jou mond rondrol, klink beter. Daar is plekke, mense, beelde in Suid-Afrika wat jy net met Afrikaans kan vasvang.” Kramer meen aangesien Afrikaans hier gebore is, is die verbintenis van die taal met die landskap baie sterk. Hy het destyds besef hy moet in Suid-Afrika bly as hy daaroor liedjies wil skryf.

‘n Aantal skrywers wat bydraes in As almal ver is gelewer het, het Kramer en sy musiek genoem as ‘n rede waarom hulle na Suid-Afrika terugkeer.
Die sanger Andries Bezuienhoud het by die bekendstelling liedjies met ‘n emigrasie-tema gesing, onder meer “’n Man stap” van Kramer.

Bezuidenhoud het gesê daar moenie ‘n onregverdige gaping tussen ons en die “ex-pats” wees nie. Dit traak hom nie as mense trek nie, tensy dit weens “vrees en haat” is.

As almal ver is vlieg blykbaar reeds van die rakke af en Bezuidenhoud meen dit is omdat die boek nie in die “gly of bly debat” vasval nie. Boonop is die onderwerp volgens hom “’n werklikheid vir soveel mense – iets waaroor hulle dink”.

Galery

Andries Bezuidenhoud Andries Bezuidenhoud, David Kramer, Francois Smith en Danie Marais David Kramer David Kramer Andries Bezuidenhoud en David Kramer Andries Bezuidenhoud, David Kramer, Francois Smith en Danie Marais Danie Marais Maryke Pienaar en Rousseau Pienaar Chris Kamfer en Ben Schoeman Matilda Smith, Clive Smith en Janette van Rensburg Annette Klinger en Priscilla Magadzire Rina Fourie, Lourien Fourie en Jadri Fourie Nannette Burger en Rhenie Myburgh Cecile Cilliers en Nico Jordaan Lila Komnick, Gunther Komnick en Alet Louw Elsabe Meyer en Bep Jacobs Belinda Southey en Kiera Powell Tasha Tyler en Marlene Jordaan

Boekbesonderhede

Please register or log in to comment