Matthews Phosa weet die liefde tussen hom en Afrikaanse gedigte gaan politiek oorleef.
Phosa sê in ‘n video van NB-uitgewers op YouTube daar is iets groter in sy gedigte as in politiek. Hy noem dit: “die behoefte om deel van jou siel, die diepte van jou denke, te deel met ander mense”.
Phosa se Afrikaanse digbundel, Deur die oog van ‘n naald, is onlangs deur NB-uitgewers heruitgegee met ‘n aantal nuwe gedigte.
Video: Onderhoud met Matthews Phosa (2 van 2)

Book details
Please register or log in to comment