
Tafelberg en Boekehuis nooi jou uit na die bekendstelling van Santa Gamka, Eben Venter se nuwe roman. Die skrywer sal die aand in gesprek wees met Thys Human.
Meer oor die boek
Die Karoo het te warm geword vir Lucky Marês. Op die letterlikste denkbare manier. Nóg sy gevatheid, nóg sy mooi voorkoms gaan hom red. Hierdie boorling van die dorp Santa Gamka, seun van ’n plaaswerker, se geluk is uitgedien. Net sewe minute en als is verby. Dat opsluiting in ’n pottebakkersoond nou sy laaste aardse avontuur moet wees! Dit is vanuit hierdie helleput, die drumpel van die dood, dat Lucky sy kort maar avontuurryke lewe in oënskou neem: Sy geboorte en sinlike ontwaking op die plaas Bethesda, sy bekendstelling aan die wêreld van woorde en boeke aan die hand van Mr D’Oliviera, sy seksuele inlywing aan die lyf van sy tante Diané en sy verkenning van nuwe horisonne agter die enigmatiese swerwerspaar Eddy & Eamonn aan. Maar eintlik vertel hy van sy sewe groot avonture, sy sewe kliënte.
Geleentheidsbesonderhede
Boekbesonderhede
Foto te dank aan Victor Dlamini
Please register or log in to comment