
Eben Venter se nuwe roman, Santa Gamka, het twee uitdagings aan die skrywer gebied: om uit die perspektief van ‘n jong bruin rent boy te skryf en om dié karakter se “kabale” met sy kliënte in woorde uit te druk.
Venter is hierdie maand op die voorblad van Rapport Boeke. Johan van Zyl het by hom op Prins Albert gaan kuier en oor die uitdaging uitgevra.
Die eerste het Venter aangepak gewapen met ‘n “woordeboek” waarin hy sedert die vroeë 1990’s Afrikaanse uitdrukkings en aksente van die Groot-Karoo aangeteken het.
Oor die tweede meen hy: “Miskien was dit so moeilik omdat seks vir my - en ek vermoed vir baie wit Afrikaanse mense - nog ‘n ‘ding’ is, ‘n ‘geweldige ding’”.
Dié woord is ’n laatmiddag-refrein in Eben Venter se huis wat soos ’n weglê-eier aan die rand van Prins Albert se onderdorp lê.
Jy hoor dit wanneer hy sy afgesonderde studeerkamer wys, wanneer hy terugdink aan die reaksie van sommige lesers op sy vorige roman, Horrelpoot. Immer die behoefte aan afstand.
Met sy nuwe roman wou hy homself vernuwe. “Ek wou doelbewus iets ligters skryf, maar het gewonder of ek dit hoegenaamd sou kon aanpak uit die perspektief van ’n jong bruin man vir wie die skerpste tekens van apartheid die die stert-tussen-die-benegeit van sy plaaswerker-ouers is.”
Book details
Please register or log in to comment