Go to BOOK SA home
18 Mar 2010

NB

@ BOOK Southern Africa

Abraham H de Vries se nuwe kortverhaalbundel: Verbeel jou dis somer

November 4th, 2009 by Ronel S

Verbeel jou dis somerAbraham H de Vries se nuwe bundel, Verbeel jou dis somer, sluit aan by sy ernstiger werk (bv Nag van die Clown, Tot verhaal kom). Hier is sy hooftemas weer die onbegrypbaarheid van dinge en die weemoed van menswees – en dis daardie gevoel van weemoed wat die leser bybly na die lees van hierdie verhale.

Die verhale gaan oor gewone mense en is eg menslik, soos die sensitiewe beeld van die ou straatskoonmaker wat sy werk verloor in “Ode aan ’n ou man wie se strate oor hom treur”. In ’n verhaal soos “Winternag”is dit die subtiele uitbeelding van emosionele geweld in ’n verhouding; in “Storm” gaan dit oor tot eksterne geweld. Geweld word in die bundel ’n metafoor vir morele verval, ’n spieëlbeeld van die aftakeling van die mens vanweë die geestelike aanslag in watter vorm ookal. Verhale wat onthutsend én liries is.

Oor die outeur

Abraham H de VriesAbraham Hermanus de Vries is op 9 Februarie 1937 op Ladismith in die Wes-Kaap gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Ladismith en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en die Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam. Hy verwerf doktorsgrade aan albei universiteite.

Hy is die kunsredakteur van Die Vaderland vanaf 1963 en 1965. Hy toer gereeld oorsee, en gee ook in sy loopbaan aan verskeie Europese universiteite klas. Hy gee ook aan klas aan die Universiteite van Port Elizabeth, Rhodes, Natal en laastens die Skiereilandse Technikon in Kaapstad. Hy was tot en met sy aftrede in 1997 die Hoof van die Departement Tale en Kommunikasie en hy het ook die Joernalistiekdepartement daar begin.

Hy is een van die geliefde en gerespekteerde kortverhaalskrywers in Afrikaans.

Boekbesonderhede

Please register or log in to comment