
Deon Meyer ontwikkel ‘n hegte band met die karakters in sy boeke, soveel so dat hy sommer in ‘n slegte bui is as dit met een van hulle sleg gaan.
Só het Adéle Dempers uitgevind toe sy vir Volksblad ‘n onderhoud met dié bobaas skrywer van spanningsverhale gevoer het. Karakteridentifikasie is vir hom baie belangrik. “Een voordeel van skryf,” sê hy, “is ek kan hulle terugring in nuwe boeke as ek te veel verlang.”
Lees alles wat Meyer in die onderhoud gesê het hier:
“Daar’s hulle,” sê Charl en tel sy swart sak op.
Ons kyk af op die twee figure wat met die roltrap opgery kom en links na ons draai. Hulle kom aangestap.
Deon Meyer is lank, sterk gebou. Sy hare is langer as op die omslagfoto’s op sy boeke en golwend agteroor gekam. Hy dra ’n swart hemp en grys geruite baadjie – die toonbeeld van ’n gesofistikeerde skrywer. G’n wonder nie die fotograaf het hom so maklik raakgesien. Sy oë is ligblou, sy stem heserig, dalk omdat dit al die derde boekbekendstelling in drie dae is. Hy praat mooi, suiwer Afrikaans.
Wanneer ons gaan sit, bestel hy ’n warm sjokolade, maar skep die room later af – darem te dekadent.
Hy is op 4 Julie 1958 in die Paarl gebore, maar hy wil nie sê wat sy doopname is nie.
Lees ook Meyer se antwoorde op ‘n paar vinnige vrae:
Gunsteling-goed
Kleur: Blou, maar Cheetah-oranje is sterk tweede.
Kos: Skaap – skaaptjops, skaapboud, skaapafval. Hy kook graag en hy en sy vrou gaan deur kosfases, hulle is nou net aan die einde van die pizza-fase.
Drankie: Rooi Grapetizer.
Sport: Eintlik ’n toeskouer, maar hy ry ’n bietjie bergfiets. Hy en Anita doen ook bal- en Latyns-Amerikaanse danse.
Boekbesonderhede
Please register or log in to comment