
Langstraat, Kaapstad, gaan hierdie Vrydag aan behoorlik gons met bekendes en sterre vanwee die finale Fifa lotings-partytjie wat in die gewilde straat gaan plaasvind. Van die beroemdes wat verwag word is die Argentynse Lionel Messi, Christiano Ronaldo en ook onse eie Charlize Theron. As jy nog nie weet nie; die gefuif begin om 12:00 die namiddag en beloof on twaalf ure lank aan te hou. Die finale loting sal om 19:00 plaasvind. Ole!
Dié week draai die aarde hier om die Fifa-sokkerbal met wêreldsokkersterre, die invloedrykste sokkerbase en die blinkste in die blieng-kringe wat hier is vir die sokkerloting.
Watter fees der feeste dit beloof, was gisteraand reeds duidelik met Heerengracht en Adderleystraat wat gewemel het van gesinne, gaste van die Kaapse stadsraad en internasionale en plaaslike media.
Hulle het gedans, karnaval gehou, modes bekyk en die skouspel met die aanskakeling van die feesligte geniet. En dit is net die begin. Vandeesweek trek die Moederstad haar partytjierok aan, want baie belangrike mense is op pad.
Karsten se biografie oor Theron is ook in Engels beskikbaar as Charlize: Life’s One Helluva Ride
Boekbesonderhede
Scribd.com book preview:
Book details
Scribd.com book preview:
Charlize: Life’s One Helluva Ride
Foto te danke aan MythicalIreland
Please register or log in to comment
» View comments as a forum thread and add tags in BOOK Chat
December 2nd, 2009 @13:11 #
According to ETV last night, David Beckham, Desmond Tutu, and FW de Klerk will also be attending the event. Something for everyone.