

Outeur van Bottelnek en Snoeiskêr Piet Steyn is die week aangekondig as die wenner van die Sanlam/RSG radiodramakompetisie vir 2009. Die gelukkige skrywer het dan ook R20 000 gewen vir sy stuk Die mynramp. Leon van Nierop het die tweede prys gewen vir Twyfelberg en die derde prys het gegaan aan Stephanie Botes vir As die poelpetaan roep.
Die skrywer Piet Steyn was nog in die sewende hemel toe Plus hom Dinsdag bel pas nadat hy die nuus ontvang het dat hy die wenner is in die radiostasie RSG en Sanlam se radiodramakompetisie vir 2009.
Steyn het met sy wenteks, Die mynramp, R20 000 gewen. Hy het in 2006 ook goed in hierdie kompetisie gevaar toe sy Die eiland van die slang die naaswenner in die beginnersafdeling was.
Boekbesonderhede
Foto te dank aan Beeld
Please register or log in to comment