

Kyk, Afrikaans het nou al ‘n paar baie goeie skrywers op sy kerfstok maar een van die grootstes is sekerlik Deon Meyer as dit kom by spanningsromans nie. Kyk maar net hoe gewild sy 13 Uur of Wie met vuur speel is. Chris van der Merwe kyk ‘n bietjie dieper na Meyer se nuutste: Karoonag en ander verhale. Met die publikasie breek Meyer bietjie weg van novelles met ‘n bundel kortverhale. Rachelle Greeff vra hom ook gou-gou 5 vrae.
As jy soek vir Kerspresente, moet jy nie by die nuwe Deon Meyer verbyhou nie. Waar hy in die verlede veral met sy romans naam gemaak het, het ons hier ’n aantal kortverhale en een lang-kortverhaal, “Stiltetyd”.
Elke verhaal in Karoonag en ander verhale word gevolg deur ’n nawoord, wat ’n verskeidenheid vorms aanneem, maar meestal meer vertel van die inligting oor die skryf van die betrokke verhaal. Op hierdie manier word ’n persoonlike verhouding tussen skrywer en leser geskep, byna asof die skrywer gesellig met die leser verkeer. Kostelik is veral die nawoord by “Stiltetyd”, waar ’n denkbeeldige onderhoud gevoer word met Pearly, een van die verhaalkarakters, eienares van die restaurant Kaapse Kos, wat die leser inlig oor Maleise eetgoed soos fancies, sabanang, boeber en kabobs.
Boekbesonderhede
Please register or log in to comment