Go to BOOK SA home
19 Mar 2010

NB

@ BOOK Southern Africa

Annelie Botes verdedig die skryf van Thula-thula

February 8th, 2010 by Chris

Thula-thulaThula-thula is ‘n moeilik-leesboek – moeilik in terme van die tema. Mense se reaksies op die boek verskil soos dag en nag; sommige bel tranerig om dankie te sê, ander om die boek terug te gee. Annelie Botes tree toe tot die debat op LitNet om haar kant van die saak te stel:

Om te reageer op die Thula-thula-debat op LitNet, kan die pyle reguit in my eie bors laat vassteek. Maar die stemmetjie sê ek moet liefs iets sê, eerder as om stil te bly en in my eie klein hoekie nié te skyn nie. Want toe ek die boek geskryf het, het ek mos goed geweet ek gaan die wind uit alle rigting kry, en dat ek straks soos ‘n tolbos sal rol. Waarheen ook al.

Vanselfsprekend kan geen skrywer alle lesers tevrede maak nie. Dis só en klaar. ‘n Tannie van 78 op Despatch het al die pad Baai toe gery om haar Thula-thula met groot misnoegdheid vir my te kom teruggee. Vát hom, sê sy, vát hom net; ek wil hom nie in my huis hê nie. Toe gee ek die R165 vir haar terug, uit my mayonnaise-bottel waarin ek spaar vir ‘n dunplankies-doodskis. ‘n Tannie van 88 het uit ‘n ouetehuis in Bloemfontein gebel en huilend gesê sy wens sy kon Thula-thula gelees het toe sy 18 was, dan sou haar lewe straks beter uitgedraai het. Kalmeer, vra ek nou, daar is nog genoeg in die mayonnaise-bottel vir omtrent 10 terugbetalings. Die ou gryse kan my sommer in ‘n Pep Stores-boks weglê. Whatever.

Boekbesonderhede

Scribd.com book preview:

Thula-thula

Please register or log in to comment