In Misverstand op Keurboslaan kry ons Riek en sy vriende op pad lughawe toe om vir Josef, wat terugkeer van Engeland, te gaan oplaai. Hulle loop hulle egter vas in ’n avontuur. Hulle red twee Britse vlieëniers van ’n oproerige skare. Riek besluit om die twee mans tydelik op hulle plaas in Swaziland weg te steek. Josef daag met ’n vreemde meisie aan sy sy op en kondig aan dat hy kastig aan haar verloof is.
Oor die outeur
Theunis Krogh, pseudoniem van Stella Blakemore, is een van die mees geliefde jeugboekskrywers in Afrikaans. Haar Maasdorp en Keurboslaan reekse het ’n belangrike bydrae gelewer tot die Afrikaanse letterkunde en het vir baie jare jongmense lus en lief gemaak vir lees.
Boekbesonderhede
Please register or log in to comment