Go to BOOK SA home
21 Mar 2010

NB

@ BOOK Southern Africa

Rachelle Greeff gaan kuier by Welma Odendaal

February 9th, 2010 by Chris

Landskap met diere Die ouer garde sal vinnig vir jou vertel dat die nuus nie meer geskryf word soos vantevore nie, nuuskamers word al jonger en (sal sommige sê) die taal al hoe swakker. Dis dan wanneer die naam Welma Odendaal aangehaal word – ‘n joernalis in murg en been met ‘n liefde vir taal. Rachelle Greeff het onlangs namens Rapport met Welma gesels oor haar loopbaan, wat ook die skryf van boeke soos Landskap met diere insluit en meer.

Die brandrissies in die Clementina van der Walt-keramiekbak in die kombuis, die espresso gemaak op die gasstoof en aangegee in wit porseleinkoppies, ’n inheemse tuin wat ook olyfbome het (een oes agter die rug) en op ’n dubbelbed met ’n Afrika-oortreksel twee ronde welsynkatte, Spikkels en Striep, vertel jou láng paragrawe van Welma Odendaal se storie – dit wat jy nié in haar curriculum vitae sal lees nie.

Maar daar’s nog repe verhaal. En dít weer lê en luier nie soos die katte in die huis met die uitsig oor Long Beach tussen Kommetjie en Noordhoek nie. Dié moet jy uit haar aai, sy’s nie een vir aanhef oor haarself as hoofletter-skrywer nie. Ironies wel en reguit soos ’n lem – met twee kuiltjies wanneer sy lag en dit doen sy dikwels.

Boekbesonderhede

Please register or log in to comment