Book SA

September

09

Close it

NB

@ BOOK SA

Murray24 gesels met digter Lina Spies oor Die skyn van tuiskoms, pienk en die hiernamaals

Die skyn van tuiskomsLina Spies se nuutste digbundel, Die skyn van tuiskoms is onlags deur Human en Rousseau bekend gestel en Murray24 het namens Die Burger by Spies gaan aanklop. Oor ‘n koppie tee gesels die twee toe lekker oor die bundel, die ouderdom, kinders en wat nog.

OP ’n reghoekige wit oppervlak teen die deur van ’n huis in die Stellenbosse buurt Die Boord verskyn die naam L. Spies in swart. En daarnaas ’n tekening van ’n kat waarvan die stert in die lug staan.

Die digter maak die deur oop. Wanneer sy sien die besoeker moet effens buk vir ’n bougainvillea-tak, versoek sy een van die mans wat besig is om veiligheidsheinings op te rig, om dit weg te snoei.

Die besoeker staan voor ’n boekrak. Deur ’n luik tussen die kombuis, waar sy besig is om tee te maak, en die leefvertrek sê Spies: “Dit verteenwoordig ’n paar van my groot liefdes: Die visuele kunste, plekke en katte.”

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment