Archive for the ‘Afrikaans’ Category
March 19th, 2010 by Chris

Afrikaanse skrywer Alba Bouwer vier hierde week haar negentigste verjaarsdag. Bouwer is ondermeer bekend vir haar kinderboek en vir Rivierplaas: ‘n Alba Bouwer-omnibus. Willem de Vries gesels met haar geliefdes en kollegas oor ‘n merkwaardige vrou en haar kosbare bydraes tot Afrikaanse letterkunde.
Die doyenne van Afrikaanse kinderliteratuur, Alba Bouwer, is vandag 90 jaar oud.Haar dekades lange skrywerslewe sy was ’n tydgenoot van onder andere formidabele vroueskrywers soos Audrey Blignault en Rykie van Reenen lewer ’n ryk oes aan erkenning en bydraes op.Die uitgewer Danie Botha vertel hy was bevoorreg om soms by haar aan huis in Oranjezicht te kom, eenmaal om vir Die Kaapse Bibliotekaris ’n onderhoud te voer. “Daardie somermiddag gebruik sy beelde om haar skryfwyse te verduidelik. Sy praat van ’n sin waarin die woorde soms opdam soos water in ’n sloot en jy moet die water weer laat loop. Of jy stap in die veld en tel houtjies op vir latere vuurtjies. Daarmee was ek terug op ons plaas by Brandwacht met sy waterstrome en renosterbosse.”
Boekbesonderhede
Foto te dank aan OuLitNet
Cats: Afrikaans,
Fiction,
South Africa Tags: 'n Alba Bouwer-omnibus,
Afrikaans,
Alba Bouwer,
Die Burger,
Fiction,
Kinderboeke,
NB,
Rivierplaas,
South Africa,
Tafelberg,
Willem de Vries
March 18th, 2010 by Chris

Dana Snyman skryf die afgelope ruk gereeld ‘n rubriek vir By. Die week spits hy sy fyn manier van storie vertel in om die verhaal van Jerome en sy gaatjiebrood te laat lewe. Dana se nuutste boek is Op die toneel.
Patricia is skaars by die agterdeur in, toe vra sy: “En as Dana so onderstebo lyk vanmôre?”Ek sit by die tafel voor die venster, met die koerant oop voor my, soos ’n padkaart na nêrens: Zuma dreig, Malema bedreig, en moorde, rooftogte en ’n Stormers-nederlaag.
Hulle het ook in die nag weer ingebreek, by Leon-hulle van oorkant die straat.
Boekbesonderhede
Cats: Afrikaans,
Fiction,
South Africa Tags: Afrikaans,
By,
Dana Snyman,
Fiction,
Human & Rousseau,
NB,
Op die Agterpaaie,
Op die toneel,
reise,
South Africa,
stemme,
Stories
March 17th, 2010 by Chris
As medeskrywer van Nelson Mandela se biografie het joernalis Richard Stengel ure in Madiba se geselskap deurgebring. Drie jaar lank het hy hom bykans oral heen vergesel – selfs onder die mees senutergende omstandighede. Op pad met Mandela: vyftien lewenslesse is sy manier om hierdie ervaring met ander te deel.
Dié Afrikaanse uitgawe van Mandela’s Way bied ook aan Afrikaanse lesers ’n nadere blik op dié merkwaardige man, wat deur mense wêreldwyd as ’n lewende legende beskou word. Die lewenswysheid wat Madiba uit sy grootste uitdagings geput het, word hier in vyftien lesse oor die liefde, die lewe en leierskap vervat: waarom dit belangrik is om jou teenstanders fyn dop te hou, waarom waagmoed nie noodwendig ’n gebrek aan vrees beteken nie, en hoekom dit belangrik is om dinge in die lewe te vind waaruit jy plesier en vervulling kan put.
Oor die skrywer
Richard Stengel is die redakteur van die tydskrif Time. Hy was die medeskrywer van Nelson Mandela se outobiografie, Long Walk to Freedom, wat in 1993 verskyn het.
Stengel is ook die outeur van January Sun en You’re too kind. Die dokumentêre film, Mandela, waarvan hy die medevervaardiger was, is vir ’n Oscar-toekenning benoem. Hy is getroud en het twee seuns.
Book details
Cats: Afrikaans,
Non-fiction,
South Africa Tags: Afrikaans,
Kwela,
Lessons on Life,
Mandela's Way,
NB,
Nelson Mandela,
nie-fiksie,
Non-fiction,
Op pad met Mandela,
Op pad met Mandela: vyftien lewenslesse,
Richard Stengel,
South Africa,
Vyftien lewenslesse
March 17th, 2010 by Chris


Diane de Beer gives four stars to Rachelle Greeff’s Die Naaimasjien, which showed at the Centurion Theatre in early March. Die Naaimasjien was the winner of the 2008 Nagtegaalteaterteksprys.
Greeff’s latest publication is a collection of her columns in Die Burger and Beeld, entitled Alles behalwe die geheim van my whiskies.
This is one of those plays that is going to be part of the South African theatre landscape for a long time to come. Currently in the process of being translated into English, it will run as long as actress Sandra Prinsloo wants to play this particular character.With most plays, that would probably not be much longer – it's already run for a year and is booked all around the country until the end of this year (from Cape Town to Richards Bay with a Free State season in between). But because of the density of the text and Prinsloo's understanding and empathy with the 81-year-old Magdaleen, who is taking leave of her sewing machine (and a large slice of her life), it seems to have a journey all of its own.
Image courtesy Zoopy
Book details
Cats: Afrikaans,
Drama,
Non-fiction,
South Africa Tags: Afrikaans,
Alles behalwe die geheim van my whiskies,
Centurion Theatre,
Diane de Beer,
Die Naaimasjien,
Die Naajimasjien,
Drama,
Human & Rousseau,
Nagtegaal Prize,
Nagtegaalprys,
Nagtegaalteaterteksprys,
NB,
Non-fiction,
Rachelle Greeff,
Review,
Sandra Prinsloo,
South Africa
March 16th, 2010 by Chris

Author André P Brink is a man with a lot to say – as Alan Yu found out at the recent Man Hong Kong Literary Festival. Yu caught up with Brink to chat about South African letters post-Apartheid. It makes for insightful reading:
“Language,” André Brink says, “is the starting point of literature, an invention in and through language.” As someone who writes in both English and Afrikaans, he should know. He tells me that since the transition to multi-racial democracy in South Africa, more literature is written in Afrikaans, often seen to be the language of racial oppression. It is perhaps not so surprising, since Afrikaans was, in the words of Brink, “shaped in the mouths of slaves” which in a process of “creolisation” became the language of the bourgeoisie in the 19th century.
In a wide-ranging, erudite and stimulating lecture at the 2010 Man Hong Kong International Festival, held recently at the University of Hong Kong, Brink talks about South African fiction after apartheid.
He begins by observing that apartheid has not been eliminated, but is “receding”. “The road to freedom for the creation of literature,” he says, “still has to be walked.”
Book details
Cats: Afrikaans,
Biography,
News,
Non-fiction,
South Africa Tags: 'n Vurk in die Pad,
A Fork in the Road,
Afrikaans,
Alan Yu,
Andre Brink,
Andre P Brink,
Autobiography,
Biography,
Harvill Secker,
Hong Kong Literary Festival,
Human & Rousseau,
Interview,
NB,
News,
Non-fiction,
Publisher,
South Africa
March 11th, 2010 by Chris

Die Woordfees is feestyd vir digters en digliefhebbers. Joan Hambidge, outer van die digbundel Vuurwiel, wat onlangs verskyn het, het hulde gebring aan IL de Villiers. In haar huldeblyk praat sy oor de Villiers se Van Jerusalem tot Johannesburg en dra sy verskeie van die digter se verse voor. Lees tot jou tone krul van lekker kry.
By die Woordfees is daar gelet op:die versoening van die koerantman en digter se twee personas en dat die een as’t ware aangevuur is deur die ander; daar is gewys op die verskillende huldeblyke wat oor die digter geskryf is (o.a. vir Rapport en die Versindaba se webblad); daar is gewys op die enorme invloed wat die digter op my werk gehad het soos onder andere in Vuurwiel; daar is gekyk na die gedig “Chicago” en hoe dit nou gelees kan word as ‘n afskeid van die lewe; en die voortreflike lykdig oor Lorna Vosloo is ook bespreek en ten slotte is daar gekyk na die retoriese strategie: dat die slot ‘n opsomming is wat alles herroep of anders beskou. Dis hoe my twee gedigte ná sy dood benader moet word.
Boekbesonderhede
Cats: Afrikaans,
South Africa Tags: Afrikaans,
Boekeblok,
Die Burger,
Digkuns,
Human & Rousseau,
I L de Villiers,
Joan Hambidge,
NB,
Poetry,
South Africa,
Tafelberg,
Van Jerusalem tot Johannesburg,
Vuurwiel
March 10th, 2010 by Jani

Bun Booyens, die samesteller van Sonbrand en braaiboud: die beste van Weg! 2, gesels met Annie Olivier oor die boek en sy voorganger Waar die leeus Afrikaans verstaan. Hulle praat oor die stories, hoekom mense by hulle aanklank vind en hoe om rubrieke saam te stel in boekvorm.

Boekbesonderhede
Cats: Afrikaans,
South Africa,
Travel Tags: Afrikaans,
Annie Olivier,
Bun Booyens,
Die beste van Weg! 2,
Fiction,
NB,
Sonbrand En Braaiboud,
South Africa,
Tafelberg,
Travel,
Video,
Waar die leeus Afrikaans verstaan,
Weg
March 10th, 2010 by Chris
Lina Spies se nuutste digbundel, Die skyn van tuiskoms is onlags deur Human en Rousseau bekend gestel en Murray24 het namens Die Burger by Spies gaan aanklop. Oor ‘n koppie tee gesels die twee toe lekker oor die bundel, die ouderdom, kinders en wat nog.
OP ’n reghoekige wit oppervlak teen die deur van ’n huis in die Stellenbosse buurt Die Boord verskyn die naam L. Spies in swart. En daarnaas ’n tekening van ’n kat waarvan die stert in die lug staan.
Die digter maak die deur oop. Wanneer sy sien die besoeker moet effens buk vir ’n bougainvillea-tak, versoek sy een van die mans wat besig is om veiligheidsheinings op te rig, om dit weg te snoei.
Die besoeker staan voor ’n boekrak. Deur ’n luik tussen die kombuis, waar sy besig is om tee te maak, en die leefvertrek sê Spies: “Dit verteenwoordig ’n paar van my groot liefdes: Die visuele kunste, plekke en katte.”
Boekbesonderhede
Cats: Afrikaans,
Poetry,
South Africa Tags: 'n Keur uit die gedigte van Lina Spies,
Afrikaans,
Die Burger,
Die skyn van tuiskoms,
Human & Rousseau,
Johann de Lange,
Murray,
Murray24,
NB,
Poetry,
South Africa
March 9th, 2010 by Chris
In Marico se mambas neem Piet Swanepoel die leser terug na die Vrystaat en Transvaal van net ná die Groot Trek tot in die 1940’s. Dis die wêreld van wilde boere, transportryery, jag, oorlogservarings; liegstories en spookstories.
Mens is hier op die terrein van vertellers soos Jan Spies en Elias P. Nel. Die skryfstyl is nugter en leesbaar, die humor ongeforseerd en oorspronklik.
In “Dem Foel” het ’n boer met goeie bedoelings sonde met sy Engelse buurman. In “Marico se mambas” moet ’n boer sy danspassies ken om slang se kind te ontwyk. In “Pagel se sirkus” boesem miesies Pagel se skerp tong vrees in mens en dier in. Daar is stories oor sterk manne, die legendariese Waterbobbejaan en nog baie meer.
Oor die skrywer
Piet Swanepoel het onder andere sewe digbundels vir kinders by Human & Rousseau uitgegee en staan in die gemeenskap bekend as Piet Rympies of die Rympiesman.
Verskeie van sy gedigte word opgeneem in onder andere DJ Opperman se Kleuterverseboek en Klein Verseboek. Later volg nog ’n digbundel, Groen, by HAUM. Hy bly tans op Rondavelskraal (Rympiesfontein) naby Groot Marico, waar hy en sy vrou, Harriet, die tydloosheid van die bosveld geniet. Waar dinge amper nog net dieselfde is as toe Herman Charles Bosman die Marico soveel jare gelede op papier vasgelê het.
Boekbesonderhede
Cats: Afrikaans,
Fiction,
Humour,
Short Stories,
South Africa Tags: Afrikaans,
Fiction,
Herman Charles Bosman,
Human & Rousseau,
Humour,
Marico,
Marico se mambas,
NB,
Piet Swanepoel,
Short Stories,
South Africa
March 8th, 2010 by Chris


Die publiek het gisteraand vir die eerste keer met ’n hele klomp nuwe digters kennis gemaak by die bekendstelling van Nuwe stemme 4 tydens die Woordfees.
Nuwe stemme gee aan nuwe digters, wat nog nie genoeg gedigte het vir ’n eie bundel nie, die geleentheid om in dié bloemlesing te publiseer.
Hierdie is die vierde bloemlesing van sy soort en dit is hierdie keer deur Ronel de Goede en Danie Marais saamgestel. Ná ’n keuringsproses en ’n aantal werkswinkels is 22 skrywers in die publikasie opgeneem.
Onder die nuwe digters is Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar en aKING), Annie Klopper (Rockjagter van LitNet), die musikant Niel van Deventer, Marike Groenewald (direkteur van die DA se Jong Leiersprogram) en André Trantraal, een van die skrywers van die grafiese roman Stormkaap.
Daar is ook ’n kunsonderwyseres (Karlien van der Merwe), ’n Suid-Afrikaner wat na Nieu-Seeland geëmigreer het (Bibi Slippers), en ’n digter wat “konkrete gedigte” skep (Hennie Meyer). Laasgenoemde het sy gedig soos ’n papiervliegtuigie opgevou en ná sy voordrag dit oor die gehoor laat vlieg.
Die volledige groep digters is:
Fourie Botha, Lewies Botha, Corné Coetzee, Jan A.F. du Plessis, Sydda Essop, Marike Groenewald, Francilié Hoek, Pieter Hugo, Willem Jansen, Hunter Kennedy, Annie Klopper, Jannie Malan, Hennie Meyer, Heidi Papadopoulos-Pienaar, Bibi Slippers, Adél Steyn, Lou-Ann Stone, Marius Swart, André Trantraal, Karlien van der Merwe, Niel van Deventer, Lize Viljoen
Die digters lees


















Facebook galery
*
*
Book details
Cats: Afrikaans,
Poetry,
South Africa Tags: Adel Steyn,
Afrikaans,
André Trantraal,
Annie Klopper,
Bekendstelling,
Bibi Slippers,
Corne Coetzee,
Danie Marais,
Fourie Botha,
Francilie Hoek,
Heidi Papadopoulos-Pienaar,
Hennie Meyer,
Hunter Kennedy,
Jan AF du Plessis,
Jannie Malan,
Karlien van der Merwe,
Lewies Botha,
Lize Viljoen,
Lou-Ann Stone,
Marike Groenewald,
Marius Swart,
NB,
Niel van Deventer,
Nuwe Stemme 4,
Pieter Hugo,
Poesie,
Poetry,
Ronel de Goede,
South Africa,
Sydda Essop,
Tafelberg,
Willem Jansen,
Woordfees