Go to BOOK SA home
19 Mar 2010

NB

@ BOOK Southern Africa

Archive for the ‘Children’ Category

In die Nimmer-Immer Bos gesprek by Woordfees

February 25th, 2010 by Chris

In die Nimmer Immer Bos -  by Woordfees!

In die Nimmer-Immer BosIn the Never-Ever WoodKom luister na ‘n gesprek met Linda Rode, Fiona Moodie en Elsa Silke oor die interessante proses van oorvertelling en illustrasie met die mak van In die Nimmer-Immer Bos.

‘n Woordfees gebeurtenis. Sien jou daar!

  • Datum: Thursday, 04 March 2010
  • Tyd: 9:30 AM for 10:00 AM
  • Plek: Erfurthuis, Ryneveldstraat 37
    Stellenbosch | Map
  • Gespreksleier: Elna van der Merwe
  • Kaartjies: R40 by Computicket

Boekbesonderhede

 

Welkom in François Bloemhof se huis

February 17th, 2010 by Chris

Francois Bloemhof

Moenie dat die grootmense hoor nieAfspraak in VenesieFlipomHarde WoordeFrançois Bloemhof is een van die groot name in Afrikaanse letterkunde en het al verskeie suksesvolle kinder en volwassenseboeke op sy kerfstok: Moenie dat die grootmense hoor nie, Afspraak in Venesie,Flipom en Harde Woorde. Stephanie Nieuwoudt het onlangs by Bloemhof gaan aanklop om te sien hoe die skrywer lewe.

Een van die eerste dinge wat jou in die huis van die skrywer François Bloemhof opval, is die fliekhoek met lekkerlê-banke sodat hy in groot gemak na rolprente kan kyk.

Fliek is immers een van die groot passies van dié veelsydige skrywer wat nie net bekend is vir sy kinder- en jeugboeke nie, maar ook riller- en liefdesromans skryf. Sowat 40 boeke het reeds uit sy pen verskyn. En fliekgeesdriftiges weet ook dat hy ’n fliekresensent is wat gereeld vir Afrikaanse dagblaaie skryf.

Wanneer hy self fliek kyk, is dit feitlik enigiets: Op sy rak is bykans 2?500 DVD’s in alle genres

Boekbesonderhede

 

Leer speel-speel met Die knal-lekkerste wetenskapboek in die heelal – deur Die Slimkoppies

February 15th, 2010 by Chris

Die knal-lekkerste wetenskapboek in die heelalDie heelal is ‘n enorme laboratorium! In Die knal-lekkerste wetenskapboek in die heelal neem die Slimkoppies se volgende avontuur neem ons op ‘n wilde ontdekkingsreis terwyl hulle diewetenskap agter alles wat om ons gebeur ondersoek. Vind uit wat kruip in donker materie weg, waarom niemand jou in die ruimte kan hoor gilnie en hoe presies ‘n mens ‘n atoom split. Ontmoet ‘n klomp superhelde van die periodieke tabel wat die mag van die elemente met hulle saamdra. Gaan dan na ‘n chaotiese restaurant met chemiese reaksies op die spyskaart! Daar’s so baie om te ontdek, van die borrel en bruis van chemie tot die fenomenale krag van fisika! Dis ‘n ontploffing van wetenskaplike lawwigheid!

Boekbesonderhede

 

Anoeschka von Meck se Vaselientjie ‘n verhoogstuk by Suidoosterfees

January 21st, 2010 by Chris

VaselinetjieMy Name is VaselinetjieRegisseur Henry Mylne (van 7de Laan) is hard besig om ‘n span akteurs gereed te maak om Anoeschka von Meck se boek, Vaselientjie, eersdaags by die Suidoosterfees op die planke te bring. Mariana Malan het namens Beeld ‘n repetisie bygewoon en so bietjie met Mylne gesels oor die boek en die verhoogstuk. Vaselientjie sal vanaf Donderdag 28 Januarie by die Kunstekaap-teater te siene wees.

Anoeschka von Meck se boek,Vaselinetjie, kry eersdaags op die verhoog gestalte wanneer dit op die Suidoosterfees en die KKNK opgevoer word. Mariana Malan het by die repetisies vir die stuk gaan inloer.

Vaselinetjie is nie ’n tienerdrama nie, maar ’n drama met ’n rolverdeling wat hoofsaaklik uit tieners bestaan.

Die regisseur Henry Mylne (ook regisseur van 7de Laan) beklemtoon hierdie feit by herhaling. “Ek het die jong akteurs van die begin gewaarsku dat ek hulle soos professionele akteurs gaan hanteer. Ek het hulle gewaarsku dat ek ’n slawedrywer is en net met die beste tevrede sou wees.

Boekbesonderhede

Book details

 

DJ Opperman se Kleuterverseboek word vanjaar 50

January 19th, 2010 by Chris

Kleuterverseboek
Die Kleuterverseboek sal altyd die maatstaf vir alle ander bundels met kinderverse wees. Geslagte kinders is reeds deur die gedigte hierin vermaak.

Hierdie bundel verse is die eerste keer in 1957 uitgegee, en weer in 1981 verfris, toe ‘n nuwe omslag bygevoeg is. Die temas is ook opnuut gegroepeer en word duidelik in die inhoudsopgawe en voor elke afdeling genoem. Elke afdeling begin met eenvoudige verse en word geleidelik ingewikkelder. Die leser kan dan volgens elke kind se ouderdom en behoefte besluit waar om op te hou en weer terug te keer na die betrokke tema.

Bekende skrywers wie se verse ingesluit is, is Helena Lochner, A.G.Visser, W.O. Kuhne, Anna du Raan, Pieter W Grobbelaar, C.J. Langenhoven, en C.P.Hoogenhout.

Temas sluit in: “Rympies vir vingers, tone, tronies en ritjies op ponies”, “As die eerste klanke kom”, “Die ontdekkertjie se avonture”, “Terg- en uittelrympies”, “Raaiselrympies en rymspreuke”, en “Snelsêers en op-die-ketting-blaas”.

Boekbesonderhede

 

Raaiselkind se Annelie Botes vaar die nuwe jaar met mening in

January 5th, 2010 by Ronel S

Raaiselkind Bekroonde Afrikaanse skrywer Annelie Botes se boeke Thula-thula en Raaiselkind, oor kinderlewens praat kliphard met mens se hart. Botes het nou maar net ‘n manier om dieper en eerliker na ‘n saak te kyk – so ook dan met haar nuutste rubriek in Die Volksblad. Met die rubriek gaan sy amper kwaad maar baie nugter die nuwe jaar in met ‘n paar woorde van wysheid waarby ons almal kan baatvind.

Laasweek se Maandagaand staan ek hoogsbeneuk met ’n beker koffie by die stoeprelings. Die tuinpaddatjies is stil. Die warm nagwind maak my swartgallig. Ek is sommer lus en suip ’n bottel anti-freeze en gaan join die hell’s angels.

Eintlik het niks gebeur om my so stroef-beneuk te maak nie. Dis net dat ek verby die grense van gatvol is vir die regering en alles wat naastenby na regering lyk. Want as dit nie ’n stelery is nie, is dit ’n kop-eisery, of haatsprakige uitlatings. Kinderverkragters bewandel die strate en tronkvoëls eet van spyskaarte af. Onderwysers is dronk in die klas, of glad nie in die klas nie, en derduisende kinders se toekoms word gekortwiek.

Boekbesonderhede

 

Nelson Mandela’s Favourite African Folktales Nominated for a Grammy

December 15th, 2009 by Ronel S

Nelson Mandela's Favourite African Folktales Madiba MagicThe audiobook of Nelson Mandela’s Favourite African Folktales – originally published as Madiba Magic by Tafelberg – has been nominated for a Grammy Award, the top honour from the US Recording Academy.

The recording is published by Hachette and features the voices of stars such as Matt Damon, Whoopi Goldberg, Charlize Theron, Samuel L Jackson, Scarlett Johannson, Helen Mirren, Forest Whitaker and, of course, Nelson Mandela himself.

Nelson Mandela’s Favourite African Folktales appears on the Grammy Awards’ “Best Spoken Word Album For Children” shortlist, alongside five other titles. Grammy winners will be announced live on national television in the United States on Saturday 31 January 2010.

Best of luck to the Folktales team!

Book details

 

Adriaan Louw praat met Francois Bloemhof oor sy nuwe boeke (ja daar’s vyf vir 2009!)

December 8th, 2009 by Ronel S

Francois Bloemhof

FlipomMoenie dat die grootmense hoor nieCity at the End of the WorldAfspraak in VenesieFrancois Bloemhof, geliefde Afrikaanse skrywer, het ‘n besige jaar agter die rug: vyf boeke (ondermeer Flipom, Moenie dat die grootmense hoor nie en Afspraak in Venesie), ‘n suksesvolle radio storie vir RSG en hy’s nou ook ‘n film resensent vir Die Burger. Met al die hooi op sy vurk kan die man hom sekerlik skaars draai. Hy het darem ‘n tydjie afgeknip vir Adriaan Louw wat namens LitNet met hom gaan gesels het.

Jy het in 2009 alleen vyf boeke vrygestel. Waar kry jy al die tyd en raak mens se idees nooit op nie?

My kop het eerder te veel stories as te min; daar is ’n klomp idees wat ek nooit eens gebruik nie. Maar 2009 was dalk ’n uitsondering – ek mik definitief nie om elke jaar vyf boeke uit te gee nie.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Stellenboschwriters

 

Book Launch (Boekehuis): In the Never-Ever Wood by Linda Rode and Fiona Moodie

November 10th, 2009 by Ronel S

In the Never Ever Wood - Joburg Launch Invite

In the Never-Ever WoodIn die Nimmer-Immer BosTafelberg and Boekehuis invite you to pluck a story from the Boekehuis garden this Saturday, at the Johannesburg launch of Linda Rode and Fiona Moodie’s In the Never-Ever Wood / In die Nimmer-Immer-Bos.

Here, in In the Never-Ever Wood are sixty stories, selected and retold by fairy-tale lover and compiler of children’s books Linda Rode.
Smaller folks, who have the stories read to them, as well as self-readers, will derive an equal amount of pleasure from this book. It is a comprehensive collection that will open up the wide, wide world of fairy tales and other folklore to children.

A sure winner for Christmas!

Event Details

  • Date: Saturday, 14 November 2009
  • Time: 10:00 AM for 10:30 AM
  • Venue: Boekehuis, Cnr Lothbury & Fawley Streets
    Auckland Park
    Johannesburg | Map
  • RSVP: Boekehuis@boekehuis.co.za, 011 482 3609

Book details

 

Book Launch: In the Never-Ever Wood by Linda Rode and Fiona Moodie

October 20th, 2009 by Ronel S

In the Never-Ever Wood - Launch InviteIn die Nimmer-Immer-Bos Bekendstelling

In the Never-Ever Wood In die Nimmer-Immer BosIt is with great pleasure and excitement that Tafelberg invites you to the launch of In the Never-Ever Wood / In die Nimmer-Immer Bos by Linda Rode, with illustrations by Fiona Moodie. Original art from the book will be on display!

We sincerely hope that you will join us at the Worldart Gallery in Cape Town – and children are very welcome.

  • Date: Thursday, 29 October 2009
  • Time: 5:30 PM for 6:00 PM
  • Venue: Worldart Gallery, Worldart Gallery, 54 Church Street, Cape Town | Map
  • Guest Speaker: Linda Rode
  • RSVP: Alicia Hendricks, NB, alicia.hendricks@nb.co.za, 021 406 3477
  •  
    Book Details