Go to BOOK SA home
20 Mar 2010

NB

@ BOOK Southern Africa

Archive for the ‘Crime’ Category

Welkom in François Bloemhof se huis

February 17th, 2010 by Chris

Francois Bloemhof

Moenie dat die grootmense hoor nieAfspraak in VenesieFlipomHarde WoordeFrançois Bloemhof is een van die groot name in Afrikaanse letterkunde en het al verskeie suksesvolle kinder en volwassenseboeke op sy kerfstok: Moenie dat die grootmense hoor nie, Afspraak in Venesie,Flipom en Harde Woorde. Stephanie Nieuwoudt het onlangs by Bloemhof gaan aanklop om te sien hoe die skrywer lewe.

Een van die eerste dinge wat jou in die huis van die skrywer François Bloemhof opval, is die fliekhoek met lekkerlê-banke sodat hy in groot gemak na rolprente kan kyk.

Fliek is immers een van die groot passies van dié veelsydige skrywer wat nie net bekend is vir sy kinder- en jeugboeke nie, maar ook riller- en liefdesromans skryf. Sowat 40 boeke het reeds uit sy pen verskyn. En fliekgeesdriftiges weet ook dat hy ’n fliekresensent is wat gereeld vir Afrikaanse dagblaaie skryf.

Wanneer hy self fliek kyk, is dit feitlik enigiets: Op sy rak is bykans 2?500 DVD’s in alle genres

Boekbesonderhede

 

‘n Gunsteling van Jaco Fouché, Die avonture van Pieter Francken

February 10th, 2010 by Jani

Die avonture van Pieter Francken In Die avonture van Pieter Francken ontmoet ons ’n vaal middelklasmannetjie. Sy vrou is onaantreklik en dominerend. Boonop is hy ongelukkig by sy werk wat hy deur inmenging van sy manipulerende swaer gekry het.

Een van sy werknemers – Daniel Cupido – is reeds vir ’n paar dae afwesig. Daarom ry hy op hierdie Vrydagmiddag die Kaapse Vlakte in. Net om seker te maak dat Cupido veilig is, want hy het sekerlik ’n verantwoordelikheid teenoor die man.

Maar ’n moord het plaasgevind. ’n Motor is gesteel.

Die son sak en ’n skadunag word ingelei; ’n vlaktenag waarin plig en versuim vir Francken ’n nuwe gesig kry.

Oor die outeur

Jacobus (Jaco) Phillipus Fouché is op 29 November 1967 in Klerksdorp gebore. Hy matrikuleer in 1985 aan die Hoërskool Hermanus. Sy eerste skryfwerk in die vorm van koerantberigte verskyn in die Hermanus Times. Hy het later ’n joernalistiekkursus aan die Kaapste Technikon gevolg en toe as programmeerder begin werk. Sy verblyf in Londen was die vonk vir sy debuutroman, Die ryk van die rawe , wat in 1996 verskyn het. Dit is met die Eugène Marais-prys bekroon, en dit was ook ’n finalis vir die M-Net-prys in 1997.

Hy was vir ’n kort rukkie teksskrywer by ’n TV-kanaal voordat hy hom in Bloemfontein gevestig het om hom met veral vertaal- en skryfwerk besig te hou.

Boekbesonderhede

 

Get Your Thrill On with Sue Rabie’s Latest, Blood at Bay

February 5th, 2010 by Chris

Blood at BayIn Blood at Bay, David Roth walks in on a gruesome accident at the Umvoti sugar mill. Then an auditor who insists that he has evidence of foul play ends up dead. Soon after, David is attacked on the yacht that he is fixing up for his uncle in Durban harbour – and he becomes involved in a struggle to expose the truth without becoming the latest in a series of “accidents”.

Somehow it is all linked to the deaths of several mill workers and their family members some months ago. Evidence and witnesses seems to have a way of disappearing at the Umvoti mill. And then there are the mill workers, who will lose their livelihood if the mill had to close down.

“Rabie looks like she could be the next Margie Orford.”
– Jennifer Crocker.

About the author

Sue Rabie has a Masters degree in Fine Arts from the University of KwaZulu –Natal. She is head of culture and librarian at St Charles College, a private boys’ school in Pietermaritzburg. Her previous Human & Rousseau thriller is Boston Snowplough.

Book details

 

Chris van der Merwe en Rachelle Greeff oor Deon Meyer en Karoonag

December 10th, 2009 by Ronel S

Deon Meyer

Karoonag en ander verhale13 UurWie met vuur speelKyk, Afrikaans het nou al ‘n paar baie goeie skrywers op sy kerfstok maar een van die grootstes is sekerlik Deon Meyer as dit kom by spanningsromans nie. Kyk maar net hoe gewild sy 13 Uur of Wie met vuur speel is. Chris van der Merwe kyk ‘n bietjie dieper na Meyer se nuutste: Karoonag en ander verhale. Met die publikasie breek Meyer bietjie weg van novelles met ‘n bundel kortverhale. Rachelle Greeff vra hom ook gou-gou 5 vrae.

As jy soek vir Kerspresente, moet jy nie by die nuwe Deon Meyer verbyhou nie. Waar hy in die verlede veral met sy romans naam gemaak het, het ons hier ’n aantal kortverhale en een lang-kortverhaal, “Stiltetyd”.

Elke verhaal in Karoonag en ander verhale word gevolg deur ’n nawoord, wat ’n verskeidenheid vorms aanneem, maar meestal meer vertel van die inligting oor die skryf van die betrokke verhaal. Op hierdie manier word ’n persoonlike verhouding tussen skrywer en leser geskep, byna asof die skrywer gesellig met die leser verkeer. Kostelik is veral die nawoord by “Stiltetyd”, waar ’n denkbeeldige onderhoud gevoer word met Pearly, een van die verhaalkarakters, eienares van die restaurant Kaapse Kos, wat die leser inlig oor Maleise eetgoed soos fancies, sabanang, boeber en kabobs.

Boekbesonderhede

 

Adriaan Louw praat met Francois Bloemhof oor sy nuwe boeke (ja daar’s vyf vir 2009!)

December 8th, 2009 by Ronel S

Francois Bloemhof

FlipomMoenie dat die grootmense hoor nieCity at the End of the WorldAfspraak in VenesieFrancois Bloemhof, geliefde Afrikaanse skrywer, het ‘n besige jaar agter die rug: vyf boeke (ondermeer Flipom, Moenie dat die grootmense hoor nie en Afspraak in Venesie), ‘n suksesvolle radio storie vir RSG en hy’s nou ook ‘n film resensent vir Die Burger. Met al die hooi op sy vurk kan die man hom sekerlik skaars draai. Hy het darem ‘n tydjie afgeknip vir Adriaan Louw wat namens LitNet met hom gaan gesels het.

Jy het in 2009 alleen vyf boeke vrygestel. Waar kry jy al die tyd en raak mens se idees nooit op nie?

My kop het eerder te veel stories as te min; daar is ’n klomp idees wat ek nooit eens gebruik nie. Maar 2009 was dalk ’n uitsondering – ek mik definitief nie om elke jaar vyf boeke uit te gee nie.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Stellenboschwriters

 

Adéle Dempers gesels met Deon Meyer

November 11th, 2009 by Ben - Editor

Karoonag en ander verhaleDeon MeyerDeon Meyer ontwikkel ‘n hegte band met die karakters in sy boeke, soveel so dat hy sommer in ‘n slegte bui is as dit met een van hulle sleg gaan.

Só het Adéle Dempers uitgevind toe sy vir Volksblad ‘n onderhoud met dié bobaas skrywer van spanningsverhale gevoer het. Karakteridentifikasie is vir hom baie belangrik. “Een voordeel van skryf,” sê hy, “is ek kan hulle terugring in nuwe boeke as ek te veel verlang.”

Lees alles wat Meyer in die onderhoud gesê het hier:

“Daar’s hulle,” sê Charl en tel sy swart sak op.

Ons kyk af op die twee figure wat met die roltrap opgery kom en links na ons draai. Hulle kom aangestap.

Deon Meyer is lank, sterk gebou. Sy hare is langer as op die omslagfoto’s op sy boeke en golwend agteroor gekam. Hy dra ’n swart hemp en grys geruite baadjie – die toonbeeld van ’n gesofistikeerde skrywer. G’n wonder nie die fotograaf het hom so maklik raakgesien. Sy oë is ligblou, sy stem heserig, dalk omdat dit al die derde boekbekendstelling in drie dae is. Hy praat mooi, suiwer Afrikaans.

Wanneer ons gaan sit, bestel hy ’n warm sjokolade, maar skep die room later af – darem te dekadent.

Hy is op 4 Julie 1958 in die Paarl gebore, maar hy wil nie sê wat sy doopname is nie.

Lees ook Meyer se antwoorde op ‘n paar vinnige vrae:

Gunsteling-goed

Kleur: Blou, maar Cheetah-oranje is sterk tweede.
Kos: Skaap – skaaptjops, skaapboud, skaapafval. Hy kook graag en hy en sy vrou gaan deur kosfases, hulle is nou net aan die einde van die pizza-fase.
Drankie: Rooi Grapetizer.
Sport: Eintlik ’n toeskouer, maar hy ry ’n bietjie bergfiets. Hy en Anita doen ook bal- en Latyns-Amerikaanse danse.

Boekbesonderhede

 

Joernalistiek het Karin Brynard gehelp en gehinder met Plaasmoord

November 6th, 2009 by Ronel S

Karin Brynard

PlaasmoordKarin Brynard moes eers “ryp word” voordat sy haar eerste roman, Plaasmoord, kon skryf. Maar toe sy uiteindelik dié spanningsverhaal aanpak, skep sy, soos Deon Meyer op die omslag skryf, ‘n boek wat “broeiend, boeiend, briljant” is.

Brynard het gisteraand by die bekendstelling van Plaasmoord by Wordsworth Books in die Willowbridge-winkelsentrum gesê sy moes eers “rondloop en stories bymekaar maak”. Sy is ook glad nie spyt dat sy eers op ‘n lang en suksesvolle loopbaan in joernalistiek gefokus het nie, want sy het die geleentheid gehad om, onder meer, die vryheidstryd in Suid-Afrika tydens die apartheidsjare te dek.

Sy het van kleins af speur- en spanningsverhale, byvoorbeeld dié van Agatha Christie, gelees. Verder kon sy haar “vergaap aan mans se kapasiteit vir geweld – soos ‘n veer wat opgewen is”. Daarom het sy geweet dat as sy ooit haar hand aan fiksie sou probeer, sou dit in die spanningsgenre wees.

Die idee vir Plaasmoord het gekom ná sy ‘n rusie met haar suster gehad het. Sy het nagedink oor die band tussen susters en wat sou gebeur as die een in gewelddadige omstandighede moes sterf.

Die joernalis in haar wou ook ondersoek instel na plaasmoorde. “In daardie tyd was dit die ding wat my die meeste gegru het, om alleen op ‘n plaas te wees, uitgelewer aan mense wat wil vat wat hulle wil hê.” Ook die sosiaal-politieke omstandighede rakende die kwessie interesseer haar, sowel as die ekonomiese aspek van grondeise.

Brynard het heelwat navorsing oor grondeise en die geskiedenis van Griekwas gedoen. Sy het na Griekwaland-Wes gegaan, op plase gebly, met plaaswerkers en polisie gepraat en vergaderings van die Landbou Unie bygewoon. “Dit was die lekker deel,” sê sy. “Ek wens ek kon die navorsing doen en dan skryf die boek homself.”

Alhoewel haar joernalistieke agtergrond met die navorsing gehelp het, was dit ‘n hindernis vir haar skryfwerk. “Ek het jare lank gewerk aan die dissipline om nie goed uit my duim uit te suig nie, maar skielik moes ek dit vir 400 bladsye aaneen doen!”

Ten spyte van haar worsteling met die fiktiewe woord, is sy reeds besig met haar volgende roman en op dié stadium maak die speurder-inspekteur Albertus Beeslaar van Plaasmoord weer sy verskyning daarin.

Galery

Deon Meyer en Karin Brynard Christine de Kock en Andre de Kock Charl du Plessis en Danielle de Kock Elmana Krige en Faul Bosman Deon Meyer en Karin Brynard Deon Meyer en Karin Brynard Johann Bakkes, Anita Meyer en Deon Meyer Karin Brynard Elmien Swart, Zanette Swart en Kobus Swart Leon Potgieter en Zyrilde Potgieter Karin Brynard Marietta Schoeman en Seth Harper Mattie Uys, Henda Calitz en Helene Cloete Louisa Hanekom, Linda Greeff, Adele Nortje en Hilda van Schalkwyk Tyron Frost, Henzee Coetzee en Shannon Ferreira Yvonne Gertenbach en Kobus Pieterse Melanie Fortmuller en Ludwig Fortmuller

Boekbesonderhede

 

Bekendstelling: Plaasmoord deur Karin Brynard

October 28th, 2009 by Ronel S

Plaasmoord Bekendstelling

PlaasmoordHuman & Rousseau en Wordworth Books nooi jou met trots uit na die bekendstelling van Karin Brynard se debuutroman, Plaasmoord.

Die skrywer sal in gesprek met Deon Meyer word. Sien joy daar!

Boekbesonderhede

 

Nuwe misdaad roman deur Piet Steyn: Bottelnek

October 26th, 2009 by Ronel S

BottelnekToe die son een oggend taaierig loskom uit die greep van Goudveldse mynhope, skop Joe Smit sy slaapkamerdeur oop, stap tot by die dubbelbed waar twee figure vervaard probeer orent kom en trek die sneller van sy 9 mm Astra twee keer. Hy klim in sy ou Mazda en ry noord, weg van die plek waar alles vir hom begin en geëindig het, en terug in sy verlede in. Daar is nog sewe patrone in die Astra se magasyn.

In ’n Goudveldse bordeel laat ’n telefoonoproep Peet Gagiano hom loswikkel uit die klewerige greep van ’n rooikop: Sy seun en dogter is ontvoer. En toe die kinders later in ’n verlate motor se kattebak gevind word, is daar op elkeen se stuitjie ’n kopbeen uitgekrap – byna dieselfde tatoeërmerk as wat hul pa op sy arm het. By ’n besige kruising in die N12 hou superintendent Pine Pienaar stil by ’n silwer Mercedes wat dwarsweg oor die middelman hang.

In die tweede sup. Pine Pienaar-misterie, Bottelnek, vermeng Piet Steyn twee van die stormagtigste plaaslike werklikhede, ’n mynersbestaan en die Johannesburgse onderwêreld, in ’n intrige wat lesers nagte lank sal laat rondrol.

Oor die outeur

Piet Steyn is op 28 Augustus 1944 op Odendaalsrus in die Vrystaat gebore. In hierdie windverwaaide sandwêreld het hy grootgeword en matrikuleer aan die Hoërskool Wessel Maree. Ná sy skoolloopbaan het hy by die Lugmag aangesluit vir sy militêre diensplig; daar kwalifiseer hy as ’n navigator. Hy verwerf die graad B.Sc met Wiskunde en Fisika as hoofvakke asook die Hoër Onderwysdiploma aan die Potchefstroomse Universiteit. Daarna het hy by Hoërskool Kroonstad begin skoolhou.

Gedurende 1968 gaan hy egter terug goudmyne toe, maar na ’n ongeluk ondergrond besluit hy om sy loopbaan as onderwyser voort te sit by Welkom Gimnasium. In dié tyd verwerf hy B.Ed en M.Ed buitemuurs aan die Universiteit van die Vrystaat.

In 1984 word hy skoolhoof van Vrede Hoërskool waar hy die twee groot liefdes in sy lewe – wiskundeonderrig en rugbyafrigting – met groot sukses beoefen tot en met sy aftrede in 1996. Om die verveeldheid van die pensioenjare te help verdryf, het hy selfs ’n ruk lank in Engeland gaan wiskunde doseer.

Dit is eers in 2005 dat hy bewus word van sy skryftalent toe hy begin om vir ‘n plaaslike koerant ’n weeklikse rugbyrubriek te skryf.

In dieselfde tyd waag hy ook sy hand aan ’n kortverhaal wat met die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se landwye wedstryd as wenner aangewys word. Hy het ook ’n komiese skets in Huisgenoot gepubliseer. Die eiland van die slang, ’n radiodrama, kom tweede in RSG/Sanlam se kompetisie vir debuutskrywers. In 2007 word sy debuutroman, Snoeiskêr, aangewys as ’n finalis in Sanlam/Insig se Groot Romanwedstryd.

Uittreksels uit resensies

“Steyn se skryfstyl is reguit, met baie dialoog en sonder borduurwoorde. Die vele raaisels, intriges en spanning wat die leser vasvang, maak dat jy dié roman moeilik neersit.” – Tienie Holtzhausen, Beeld (2008)

“Want Steyn kán skryf: sy dialoog en karakterisering is knap en om ’n storie te vertel op onderhoudende wyse is ’n gawe wat moeilik aangeleer kan word.” – Hennie van Coller, Volksblad (2008)

Boekbesonderhede

 

Nuut: Plaasmoord deur Karin Brynard

October 22nd, 2009 by Ronel S

PlaasmoordPlaasmoorde het nooit juis vasstrapplek gekry in die ylbevolkte Noord-Kaap nie – maar dan word Freddie Swarts, ‘n dertigjarige opkomende skilder, en haar aangenome dogter aaklig vermoor. Speurder-inspekteur Albertus Beeslaar, pas uit Johannesburg verplaas om ‘n nuwe veediefstal-eenheid op die been te bring, moet dié hoëprofiel-plaasmoord oplos.

Oor die outeur

Karin Brynard is ‘n joernalis wat wye ervaring opgedoen het tydens haar dekking van, onder meer, die vryheidstryd in Suid-Afrika tydens die apartheidsjare. Sy werk tans as vryskutjoernalis en woon op Stellenbosch.

Boekbesonderhede