Go to BOOK SA home
20 Mar 2010

NB

@ BOOK Southern Africa

Archive for the ‘Fiction’ Category

Kinderboekskrywer Alba Bouwer word hierdie week 90

March 19th, 2010 by Chris

Alba Bouwer

RivierplaasAfrikaanse skrywer Alba Bouwer vier hierde week haar negentigste verjaarsdag. Bouwer is ondermeer bekend vir haar kinderboek en vir Rivierplaas: ‘n Alba Bouwer-omnibus. Willem de Vries gesels met haar geliefdes en kollegas oor ‘n merkwaardige vrou en haar kosbare bydraes tot Afrikaanse letterkunde.

Die doyenne van Afrikaanse kinderliteratuur, Alba Bouwer, is vandag 90 jaar oud.Haar dekades lange skrywerslewe sy was ’n tydgenoot van onder andere formidabele vroue­skrywers soos Audrey Blignault en Rykie van Reenen lewer ’n ryk oes aan erkenning en bydraes op.Die uitgewer Danie Botha vertel hy was bevoorreg om soms by haar aan huis in Oranjezicht te kom, eenmaal om vir Die Kaapse Bibliotekaris ’n onderhoud te voer. “Daardie somermiddag gebruik sy ­beelde om haar skryfwyse te verduidelik. Sy praat van ’n sin waarin die woorde soms opdam soos water in ’n sloot en jy moet die water weer laat loop. Of jy stap in die veld en tel houtjies op vir latere vuurtjies. Daarmee was ek terug op ons plaas by Brandwacht met sy waterstrome en renosterbosse.”

Boekbesonderhede


Foto te dank aan OuLitNet

 

Astrid Stark Interviews Sindiwe Magona, Author of Beauty’s Gift

March 18th, 2010 by Chris

Beauty's GiftSindiwe MagonaBeauty’s Gift is testimony to the courage of author, Sindiwe Magona, and a reflection of her willingness to face up to what is wrong in society. Astrid Stark interviewed Magona for the Cape Times.

The first time I met Dr Sindiwe Magona I suffered sweaty palms and my heart was thrashing about in my throat. Four of us were pitching a drama to the commissioning head of a national radio station. We’d been working on our story for nearly two months and Magona was one of our mentors at the writers’ workshop. We presented our proposal to her half an hour before the final pitch. As we lumbered through the lengthy synopses she fell asleep. Or so I thought. At the end her eyes sprang open. I stopped breathing. “Ok,” she said, “Now let’s slice it.” When we presented our final pitch, the commissioning editor was blown away. Intuitive, passionate, and skilled; Magona had concentrated four months’ work into sixty powerful seconds.

Book details

 

Dana Snyman proe Jerome-se-gaatjiebrood

March 18th, 2010 by Chris

Op die toneelDana Snyman Dana Snyman skryf die afgelope ruk gereeld ‘n rubriek vir By. Die week spits hy sy fyn manier van storie vertel in om die verhaal van Jerome en sy gaatjiebrood te laat lewe. Dana se nuutste boek is Op die toneel.

Patricia is skaars by die agterdeur in, toe vra sy: “En as Dana so onderstebo lyk vanmôre?”

Ek sit by die tafel voor die venster, met die koerant oop voor my, soos ’n padkaart na nêrens: Zuma dreig, Malema bedreig, en moorde, rooftogte en ’n Stormers-nederlaag.

Hulle het ook in die nag weer ingebreek, by Leon-hulle van oorkant die straat.

Boekbesonderhede

 

International Recognition for SA Author Marié Heese

March 18th, 2010 by Chris

Marie Heese, CWP shortlistee, live at the #cwp10africa announcement

Human & Rousseau is proud to announce that Marié Heese’s novel
The Double Crown
has won the Commonwealth Writers’ Prize for Best Book in the Africa Region

The Double Crown

Human & Rousseau • ISBN: 9780798150361 • R210.00
Price subject to change

Book details

Scribd.com book preview:

The Double Crown: Secret Writings of the Female Pharaoh

 

Videos: Readings from Marié Heese’s Commonwealth Writers’ Prize-winning The Double Crown

March 15th, 2010 by Chris

The Double CrownMarie Heese, CWP shortlistee, live at the #cwp10africa announcementNB Publishers and Human & Rousseau are delighted to congratulate Marié Heese for winning the Commonwealth Writers’ Prize for Best Book – Africa region for her novel, The Double Crown: Secret Writings of the Female Pharaoh.

At the awards announcement on Thursday, 11 March in Johannesburg, two readings were given from The Double Crown, and we present them for you here. The first is by Jamaican poet Amina Blackwood-Meeks, who reads from the book’s preface:

YouTube Preview Image

The second is a reading given by the author herself:

YouTube Preview Image

For more on The Double Crown, don’t miss the author’s reader’s guide. Congratulations once again to Heese!

Book details

Scribd.com book preview:

The Double Crown: Secret Writings of the Female Pharaoh

 

Lag lekker met Piet Swanepoel se Marico se mambas

March 9th, 2010 by Chris

Marico se mambasIn Marico se mambas neem Piet Swanepoel die leser terug na die Vrystaat en Transvaal van net ná die Groot Trek tot in die 1940’s. Dis die wêreld van wilde boere, transportryery, jag, oorlogservarings; liegstories en spookstories.

Mens is hier op die terrein van vertellers soos Jan Spies en Elias P. Nel. Die skryfstyl is nugter en leesbaar, die humor ongeforseerd en oorspronklik.

In “Dem Foel” het ’n boer met goeie bedoelings sonde met sy Engelse buurman. In “Marico se mambas” moet ’n boer sy danspassies ken om slang se kind te ontwyk. In “Pagel se sirkus” boesem miesies Pagel se skerp tong vrees in mens en dier in. Daar is stories oor sterk manne, die legendariese Waterbobbejaan en nog baie meer.

Oor die skrywer

Piet Swanepoel het onder andere sewe digbundels vir kinders by Human & Rousseau uitgegee en staan in die gemeenskap bekend as Piet Rympies of die Rympiesman.

Verskeie van sy gedigte word opgeneem in onder andere DJ Opperman se Kleuterverseboek en Klein Verseboek. Later volg nog ’n digbundel, Groen, by HAUM. Hy bly tans op Rondavelskraal (Rympiesfontein) naby Groot Marico, waar hy en sy vrou, Harriet, die tydloosheid van die bosveld geniet. Waar dinge amper nog net dieselfde is as toe Herman Charles Bosman die Marico soveel jare gelede op papier vasgelê het.

Boekbesonderhede

 

Dana Snyman verkyk hom aan ‘n familie se brose vaarwel

March 3rd, 2010 by Chris

Op die toneelOp die agterpaaieDana Snyman is ‘n man met ‘n oog vir die emosies wat in situasies uitgeleef word. Hy spits hom toe op die dinge wat nie gesê word nie maar in ‘n kyk, ‘n gebaar vasgevang word. Snyman maak weer so tydens ‘n trippie lughawe toe waar hy twee ouers beskou wat van hul dogter afskeid neem. Op die toneel is ‘n versameling van Dana se waarnemings.

Ek sit in ’n koffiedrinkplek op die Johannesburgse lughawe. Ek drink ’n espresso en bekyk die gesinnetjie wat pas by die tafeltjie langs my ingeskuif het.

Daar is ’n pa, ’n ma en ’n kleinsus. Nie dat die kleinsus meer so klein is nie: Die beloftes van vrouwees slaan ferm onder haar Truworths-toppie deur. Sy is op pad oorsee, lei ek af, want die ma vra: “Het jy jou paspoort, Sus?”

En sy antwoord: “Ja, Ma. Ek sê dan.” Sy beduie na die rugsakkie op haar skoot. “Hiér.”

Boekbesonderhede

 

Zukiswa Wanner, Mother: a Profile

March 3rd, 2010 by Chris

Behind Every Successful ManZukiswa WannerAuthor Zukiswa Wanner shares her thoughts about motherhood in this charming profile:

Back to the basics, what’s your family dynamic? I am a single mom to a four year old son (soon to be five).

Domestic goddess or working outside the home? I am very much a domestic goddess but that’s because my work as a writer is flexible enough to allow me to work when I want to.

What do you do? I am a writer. A poor one who is trying to make the profession work to pay the bills.

Book details

 

Eben Venter skets ‘n prent van ‘n pa, sy seun en die Sydney Gay & Lesbian Mardi Gras

March 2nd, 2010 by Chris

Santa GamkaEben VenterOuteur van Santa Gamka Eben Venter lewer die week in sy rubriek vir By ‘n hartroerende skets van ‘n pa en sy seun en die hartsdinge waar om hulle praat.

Hy vlieg terug van Sydney ná die vakansie van sy lewe. Hy het alles gedoen wat hy nog altyd wou doen.

Sy pa kom haal hom by die Kaapstadse lughawe en hy weet nie wat hy vir hom gaan sê nie. Tussen sy persoonlike lewe waar hy trou is aan homself en sy respek vir sy pa, is daar ’n stom stilte, ’n mens-onmoontlike taak van verduideliking.

Jy lyk goed, my kind, sê sy pa vir hom toe hulle mekaar sien. Hy voel lig en entoesiasties, hy is op sy beste, in sy kop, sy lyf, oral.

Dankie, Pa. Pa lyk ook goed. Hoe gaan dit met die rolbal?

Boekbesonderhede

Foto te dank aan Victor Dlamini

 

Gesels oor die Keurboslaanreeks by Woordfees

March 1st, 2010 by Chris

Keurboslaan gesels by Woordfees

Ongenooide gaste op KeurboslaanOp Woensdag 3 Maart gesels Irma du Plessis met Corina van der Spoel oor die Keurboslaanreeks en die relevansie daarvan in 2010.

Dit beloof om ‘n baie interessante gesprek te wees:

  • Datum: Woensdag, 03 Maart 2010
  • Tyd: 10:00 VM
  • Plek: Erfurthuis, Ryneveldstraat 37
    Stellenbosch | Kaart
  • Gassprekers: Irma du Plessis, Corina van der Spoel

Boekbesonderhede: die laaste boek in die reeks