Go to BOOK SA home
16 Mar 2010

NB

@ BOOK Southern Africa

Archive for the ‘Short Stories’ Category

Lag lekker met Piet Swanepoel se Marico se mambas

March 9th, 2010 by Chris

Marico se mambasIn Marico se mambas neem Piet Swanepoel die leser terug na die Vrystaat en Transvaal van net ná die Groot Trek tot in die 1940’s. Dis die wêreld van wilde boere, transportryery, jag, oorlogservarings; liegstories en spookstories.

Mens is hier op die terrein van vertellers soos Jan Spies en Elias P. Nel. Die skryfstyl is nugter en leesbaar, die humor ongeforseerd en oorspronklik.

In “Dem Foel” het ’n boer met goeie bedoelings sonde met sy Engelse buurman. In “Marico se mambas” moet ’n boer sy danspassies ken om slang se kind te ontwyk. In “Pagel se sirkus” boesem miesies Pagel se skerp tong vrees in mens en dier in. Daar is stories oor sterk manne, die legendariese Waterbobbejaan en nog baie meer.

Oor die skrywer

Piet Swanepoel het onder andere sewe digbundels vir kinders by Human & Rousseau uitgegee en staan in die gemeenskap bekend as Piet Rympies of die Rympiesman.

Verskeie van sy gedigte word opgeneem in onder andere DJ Opperman se Kleuterverseboek en Klein Verseboek. Later volg nog ’n digbundel, Groen, by HAUM. Hy bly tans op Rondavelskraal (Rympiesfontein) naby Groot Marico, waar hy en sy vrou, Harriet, die tydloosheid van die bosveld geniet. Waar dinge amper nog net dieselfde is as toe Herman Charles Bosman die Marico soveel jare gelede op papier vasgelê het.

Boekbesonderhede

 

Eben Venter skets ‘n prent van ‘n pa, sy seun en die Sydney Gay & Lesbian Mardi Gras

March 2nd, 2010 by Chris

Santa GamkaEben VenterOuteur van Santa Gamka Eben Venter lewer die week in sy rubriek vir By ‘n hartroerende skets van ‘n pa en sy seun en die hartsdinge waar om hulle praat.

Hy vlieg terug van Sydney ná die vakansie van sy lewe. Hy het alles gedoen wat hy nog altyd wou doen.

Sy pa kom haal hom by die Kaapstadse lughawe en hy weet nie wat hy vir hom gaan sê nie. Tussen sy persoonlike lewe waar hy trou is aan homself en sy respek vir sy pa, is daar ’n stom stilte, ’n mens-onmoontlike taak van verduideliking.

Jy lyk goed, my kind, sê sy pa vir hom toe hulle mekaar sien. Hy voel lig en entoesiasties, hy is op sy beste, in sy kop, sy lyf, oral.

Dankie, Pa. Pa lyk ook goed. Hoe gaan dit met die rolbal?

Boekbesonderhede

Foto te dank aan Victor Dlamini

 

Rachelle Greeff gaan kuier by Welma Odendaal

February 9th, 2010 by Chris

Landskap met diere Die ouer garde sal vinnig vir jou vertel dat die nuus nie meer geskryf word soos vantevore nie, nuuskamers word al jonger en (sal sommige sê) die taal al hoe swakker. Dis dan wanneer die naam Welma Odendaal aangehaal word – ‘n joernalis in murg en been met ‘n liefde vir taal. Rachelle Greeff het onlangs namens Rapport met Welma gesels oor haar loopbaan, wat ook die skryf van boeke soos Landskap met diere insluit en meer.

Die brandrissies in die Clementina van der Walt-keramiekbak in die kombuis, die espresso gemaak op die gasstoof en aangegee in wit porseleinkoppies, ’n inheemse tuin wat ook olyfbome het (een oes agter die rug) en op ’n dubbelbed met ’n Afrika-oortreksel twee ronde welsynkatte, Spikkels en Striep, vertel jou láng paragrawe van Welma Odendaal se storie – dit wat jy nié in haar curriculum vitae sal lees nie.

Maar daar’s nog repe verhaal. En dít weer lê en luier nie soos die katte in die huis met die uitsig oor Long Beach tussen Kommetjie en Noordhoek nie. Dié moet jy uit haar aai, sy’s nie een vir aanhef oor haarself as hoofletter-skrywer nie. Ironies wel en reguit soos ’n lem – met twee kuiltjies wanneer sy lag en dit doen sy dikwels.

Boekbesonderhede

 

New Short Story from Zukiswa Wanner: “A Writer’s Lot”

December 31st, 2009 by Ronel S

Behind Every Successful ManZukiswa WannerStoryTime: African New Fiction Freezine brings readers a fresh, funny and edgy new piece of writing from Zukiswa Wanner, author of Behind Every Successful Man:

So here I am in Sun City. I could tell you about all of them in my sleep but, I won’t. Well not a lot. I would rather tell you about the guy who landed me here.

It always began with emails.

“Dear Mr. Dube,

I am a journalist from New York Times/Times/Newsweek/Le Monde/The Guardian” etcetera etcetera. Then there are the flattering platitudes about how the journalist loves my first work of fiction, Township Stories. And then, inevitably it ends, “I will be in Johannesburg from ____________ to ____________ and would love to interview you as one of the literary torchbearers in post-apartheid South Africa.”

Sometimes it would be a male journalist. Most of the time she would be a female, trying to understand how I survived ‘growing up under apartheid’ and trying to show me and the rest of their readers in the Global North just how liberal they are. “There is this absolutely awesome South African writer, Sifiso Dube, you should read him” trying to sound more knowledgeable than the people around them at a dinner party. When it was a female journalist, I would fuck. It seemed inevitable – the price I paid, or the prize I received, depending really on how good the sex was, for fame.

Book details

 

Chris van der Merwe en Rachelle Greeff oor Deon Meyer en Karoonag

December 10th, 2009 by Ronel S

Deon Meyer

Karoonag en ander verhale13 UurWie met vuur speelKyk, Afrikaans het nou al ‘n paar baie goeie skrywers op sy kerfstok maar een van die grootstes is sekerlik Deon Meyer as dit kom by spanningsromans nie. Kyk maar net hoe gewild sy 13 Uur of Wie met vuur speel is. Chris van der Merwe kyk ‘n bietjie dieper na Meyer se nuutste: Karoonag en ander verhale. Met die publikasie breek Meyer bietjie weg van novelles met ‘n bundel kortverhale. Rachelle Greeff vra hom ook gou-gou 5 vrae.

As jy soek vir Kerspresente, moet jy nie by die nuwe Deon Meyer verbyhou nie. Waar hy in die verlede veral met sy romans naam gemaak het, het ons hier ’n aantal kortverhale en een lang-kortverhaal, “Stiltetyd”.

Elke verhaal in Karoonag en ander verhale word gevolg deur ’n nawoord, wat ’n verskeidenheid vorms aanneem, maar meestal meer vertel van die inligting oor die skryf van die betrokke verhaal. Op hierdie manier word ’n persoonlike verhouding tussen skrywer en leser geskep, byna asof die skrywer gesellig met die leser verkeer. Kostelik is veral die nawoord by “Stiltetyd”, waar ’n denkbeeldige onderhoud gevoer word met Pearly, een van die verhaalkarakters, eienares van die restaurant Kaapse Kos, wat die leser inlig oor Maleise eetgoed soos fancies, sabanang, boeber en kabobs.

Boekbesonderhede

 

Video: Tom Dreyer Reads at Ledig House, New York

November 16th, 2009 by Ronel S

EquatoriaPolaroidTom DreyerTom Dreyer is the author of the works of fiction Erdvarkfontein (1998), Stinkafrikaners (2000), Equatoria (2006) and Polaroid (2007). Stinkafrikaners was nominated for the Eugène Marais Prize in 2001 and Equatoria for the M-Net Literature Prize.

Dreyer has recently been in New York state, USA, as part of the Ledig House International Writers Residency. Watch the following video of Dreyer reading New York, an event hosted by Open Letter and the University of Rochester and led by Chad Post. Also featured are fellow writers-in-residence Kathrin Aehnlich, Linda Gaboriau, and Pravda Miteva.

Book details

Image courtesy Stellenbosch Writers

 

Abraham de Vries se Verbeel jou dis somer is by mense betrokke

November 13th, 2009 by Ronel S

Abraham de Vries

Verbeel jou dis somer“Ek wens ek het minder van die politiek geweet, dan sal ek my minder bekommer.”

Só het Abraham de Vries gisteraand by die Book Lounge in Kaapstad gesê oor Kerneels Breytenbach se opmerking dat sy verhale al sedert die sestigerjare die politiek van die tyd aanspreek.

De Vries se nuwe kortverhaalbundel, Verbeel jou dis somer, wat by dié geleentheid bekendgestel is, is geen uitsondering. Breytenbach meen De Vries is een van die min skrywers wat nog “betrokke” literatuur skryf.

De Vries verwys egter nie na homself op dié manier nie. “Ek is betrokke by mense,” sê hy. “Al my stories gaan oor mense en hul lewens. Maar, namate die politiek inspeel op mense se lewens, is my stories wel polities.”

Verlies, verval en misbruik kom in die verhale in sy nuwe bundel voor. De Vries het byvoorbeeld werklike koerantberigte oor moord en ander misdaad in die verhaal Leë hande verwerk.

Maar daar is ook liefde, verbeelding, drome en hoop in sy verhale. In Staan Poppie staan rek die gaste by ‘n troue hul nekke om die baie kort bruidspaar te sien. Die gaste gaan huis toe met ‘n herinnering aan liefde.

Hierdie temas word met vele simbole en sleutels in die teks na vore gebring. Om só ‘n verweefde teks te skep neem tyd. “Dit is nie vreemd vir my om ‘n storie tien keer oor te skryf en te verander nie,” sê hy.

De Vries hoor soms ‘n interessante gegewe, maar dit kan nie ‘n storie word sonder ‘n spanningselement nie. Later kry hy miskien ‘n storie wat by dié gegewe aansluit en dan begin hierdie meester van die kortverhaal woeker.

De Vries se skryfwerk gaan eindelik oor ‘n deernis met mense, baie anders as die magspel van politiek.

Kerneels Breytenbach en Carien Breytenbach Peter Lampe en Sean Mullan Cas Wepener en Aloise Lamprecht Johan Tromp en Marina Tromp Marzanne Leroux van der Boon en Hannie de Vries Renee Strickland en Elmer Groenewald Hannelie Pienaar en Tertia Visser-Downie Izak de Vries, Alida Potgieter en Pieter van Coller Petra Muller en Elsa Joubert Willem de Vries, Jorisna Bonthuys en Abraham de Vries Kerneels Breytenbach en Abraham de Vries Kerneels Breytenbach en Abraham de Vries 2 Abraham de Vries Abraham de Vries Kerneels Breytenbach en Abraham de Vries

Book details

 

Adéle Dempers gesels met Deon Meyer

November 11th, 2009 by Ben - Editor

Karoonag en ander verhaleDeon MeyerDeon Meyer ontwikkel ‘n hegte band met die karakters in sy boeke, soveel so dat hy sommer in ‘n slegte bui is as dit met een van hulle sleg gaan.

Só het Adéle Dempers uitgevind toe sy vir Volksblad ‘n onderhoud met dié bobaas skrywer van spanningsverhale gevoer het. Karakteridentifikasie is vir hom baie belangrik. “Een voordeel van skryf,” sê hy, “is ek kan hulle terugring in nuwe boeke as ek te veel verlang.”

Lees alles wat Meyer in die onderhoud gesê het hier:

“Daar’s hulle,” sê Charl en tel sy swart sak op.

Ons kyk af op die twee figure wat met die roltrap opgery kom en links na ons draai. Hulle kom aangestap.

Deon Meyer is lank, sterk gebou. Sy hare is langer as op die omslagfoto’s op sy boeke en golwend agteroor gekam. Hy dra ’n swart hemp en grys geruite baadjie – die toonbeeld van ’n gesofistikeerde skrywer. G’n wonder nie die fotograaf het hom so maklik raakgesien. Sy oë is ligblou, sy stem heserig, dalk omdat dit al die derde boekbekendstelling in drie dae is. Hy praat mooi, suiwer Afrikaans.

Wanneer ons gaan sit, bestel hy ’n warm sjokolade, maar skep die room later af – darem te dekadent.

Hy is op 4 Julie 1958 in die Paarl gebore, maar hy wil nie sê wat sy doopname is nie.

Lees ook Meyer se antwoorde op ‘n paar vinnige vrae:

Gunsteling-goed

Kleur: Blou, maar Cheetah-oranje is sterk tweede.
Kos: Skaap – skaaptjops, skaapboud, skaapafval. Hy kook graag en hy en sy vrou gaan deur kosfases, hulle is nou net aan die einde van die pizza-fase.
Drankie: Rooi Grapetizer.
Sport: Eintlik ’n toeskouer, maar hy ry ’n bietjie bergfiets. Hy en Anita doen ook bal- en Latyns-Amerikaanse danse.

Boekbesonderhede

 

Abraham H de Vries se nuwe kortverhaalbundel: Verbeel jou dis somer

November 4th, 2009 by Ronel S

Verbeel jou dis somerAbraham H de Vries se nuwe bundel, Verbeel jou dis somer, sluit aan by sy ernstiger werk (bv Nag van die Clown, Tot verhaal kom). Hier is sy hooftemas weer die onbegrypbaarheid van dinge en die weemoed van menswees – en dis daardie gevoel van weemoed wat die leser bybly na die lees van hierdie verhale.

Die verhale gaan oor gewone mense en is eg menslik, soos die sensitiewe beeld van die ou straatskoonmaker wat sy werk verloor in “Ode aan ’n ou man wie se strate oor hom treur”. In ’n verhaal soos “Winternag”is dit die subtiele uitbeelding van emosionele geweld in ’n verhouding; in “Storm” gaan dit oor tot eksterne geweld. Geweld word in die bundel ’n metafoor vir morele verval, ’n spieëlbeeld van die aftakeling van die mens vanweë die geestelike aanslag in watter vorm ookal. Verhale wat onthutsend én liries is.

Oor die outeur

Abraham H de VriesAbraham Hermanus de Vries is op 9 Februarie 1937 op Ladismith in die Wes-Kaap gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Ladismith en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en die Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam. Hy verwerf doktorsgrade aan albei universiteite.

Hy is die kunsredakteur van Die Vaderland vanaf 1963 en 1965. Hy toer gereeld oorsee, en gee ook in sy loopbaan aan verskeie Europese universiteite klas. Hy gee ook aan klas aan die Universiteite van Port Elizabeth, Rhodes, Natal en laastens die Skiereilandse Technikon in Kaapstad. Hy was tot en met sy aftrede in 1997 die Hoof van die Departement Tale en Kommunikasie en hy het ook die Joernalistiekdepartement daar begin.

Hy is een van die geliefde en gerespekteerde kortverhaalskrywers in Afrikaans.

Boekbesonderhede

 

Nuwe kortverhale deur Dana Snyman: Op die toneel

October 16th, 2009 by Ronel S

Op die toneelAuthor Dana SnymanOp die toneel: stories, reise, stemme is ‘n veertigtal stories deur een van ons gewildste skrywers. Stories met humor én met droefheid, van dinge wat verander het en dinge wat dieselfde bly, oor families en oor vreemdelinge. “Die mens is die storie, die storie is die mens,” het Dana, self-erkende storiesmous, by geleentheid gesê. En soos by sy eerste twee bundels, Uit die binneland en Anderkant die scrap, gee sy jongste versameling stories weer ’n deernisvolle blik op ménse: gewone mense en al hul dinge, mense in dorpe en stede en afgeleë streke. Dít is baasverteller en veelbekroonde joernalis Dana Snyman se geheim, sy respek vir en simpatie met mense. En die gevoel van hoop waarmee sy stories die leser laat.

Oor die skrywer

Dana Snyman is op 4 Oktober 1962 op Stellenbosch gebore. Hy matrikuleer in 1980 aan die Hoërskool Nylstroom. Ná skool werk Dana as veiligheidswag in Pretoria, gaan weermag toe, werk in ’n boekwinkel, verkoop fliekkaartjies by Sterland-bioskoop (in Pretoria) en werk as skakelbordoperateur. Daarna gaan studeer hy joernalistiek aan Pretoria Technikon. Hy begin as misdaadverslaggewer by Beeld en later werk hy as artikelskrywer by Huisgenoot. In 2004 sluit hy hom aan by die buitelewe-tydskrif Wegbreek (later Weg!) as reis- en rubriekskrywer, en later is hy ook die reisredakteur by Weg!. Deesdae skryf hy voltyds onder meer vryskut-artikels en -rubrieke.

In 2005 verskyn sy eerste boek Uit die binneland, en dit is opgevolg met Anderkant die scrap (2006) en Op die agterpaaie (2008).

Boekbesonderhede