Go to BOOK SA home
19 Mar 2010

NB

@ BOOK Southern Africa

Archive for the ‘Travel’ Category

Video: Bun Booyens gesels met Annie Olivier oor Sonbrand en braaiboud

March 10th, 2010 by Jani

Sonbrand en BraaiboudWaar die leeus Afrikaans verstaanBun Booyens, die samesteller van Sonbrand en braaiboud: die beste van Weg! 2, gesels met Annie Olivier oor die boek en sy voorganger Waar die leeus Afrikaans verstaan. Hulle praat oor die stories, hoekom mense by hulle aanklank vind en hoe om rubrieke saam te stel in boekvorm.

YouTube Preview Image
 

Boekbesonderhede

 

Dana Snyman verkyk hom aan ‘n familie se brose vaarwel

March 3rd, 2010 by Chris

Op die toneelOp die agterpaaieDana Snyman is ‘n man met ‘n oog vir die emosies wat in situasies uitgeleef word. Hy spits hom toe op die dinge wat nie gesê word nie maar in ‘n kyk, ‘n gebaar vasgevang word. Snyman maak weer so tydens ‘n trippie lughawe toe waar hy twee ouers beskou wat van hul dogter afskeid neem. Op die toneel is ‘n versameling van Dana se waarnemings.

Ek sit in ’n koffiedrinkplek op die Johannesburgse lughawe. Ek drink ’n espresso en bekyk die gesinnetjie wat pas by die tafeltjie langs my ingeskuif het.

Daar is ’n pa, ’n ma en ’n kleinsus. Nie dat die kleinsus meer so klein is nie: Die beloftes van vrouwees slaan ferm onder haar Truworths-toppie deur. Sy is op pad oorsee, lei ek af, want die ma vra: “Het jy jou paspoort, Sus?”

En sy antwoord: “Ja, Ma. Ek sê dan.” Sy beduie na die rugsakkie op haar skoot. “Hiér.”

Boekbesonderhede

 

Dana Snyman groet Vissiesbaai se Oom Dippies

February 22nd, 2010 by Chris

Op die toneelOp die agterpaaieBekend vir sy pittige vertellings oor mense, plekke en dinge bring Dana Snyman lesers hierdie week die weerlose verhaal van Oom Dippies se laaste aand by die Vissiebaai-hotel. Dana het onlangs ‘n versameling kort stories gepubliseer genaamd Op die toneel: stories, reise, stemme.

Dit was laas Vrydagaand oom Dippies se laaste aand as kroegman in die Vissiesbaai-hotel.

Hy gaan nou glo by sy dogter in Kraaifontein woon, in ’n woonstel agter-in die erf, sonder stemme wat gedurig roep: “Hoe lyk dit met ’n biertjie, oom Dippies? Hoe lyk dit met ’n whiskey, oom Dippies? Hoe lyk dit met ’n pakkie tjips, ’n bakkie grondboontjies, ’n Disprin, ’n vuurhoutjie?”

Oom Dippies was die laaste 22 jaar die Vissiesbaai-hotel se kroegman.

Boekbesonderhede

Book details

 

As almal ver is spreek van emigrante se verlange na Afrikaans

October 23rd, 2009 by Ronel S

Andries Bezuidenhoud, David Kramer, Francois Smith en Danie Marais

As almal ver isOm te emigreer is moontlik anders vir Afrikaanssprekendes as vir Engelssprekende Suid-Afrikaners.

Só meen Danie Marais, digter en samesteller van As almal ver is, ‘n bundel waarin skrywers en grafiese kunstenaars hul ervarings in die buiteland deel.

Marais het gisteraand by die boek se bekendstelling by die Book Lounge in Kaapstad gesê die feit dat ‘n verbintenis met die taal tydens emigrasie verlore gaan, maak dit vir Afrikaanssprekendes ‘n baie emosionele ervaring. “Jy word oorval deur nostalgie wat jy onder normale omstandighede glad nie sou beleef nie.”

Die bekende musikant David Kramer, van wie daar lirieke in die bundel opgeneem is, het gesê As almal ver is sou seker nie so geslaagd in Engels as in Afrikaans gewees het nie. Hy het self in die sewentiger jare na Amerika verhuis, maar het binne drie maande sy fout agtergekom.

Al is hy Engelssprekend, het hy gesê: “Die tekstuur van Afrikaans, hoe dit in jou mond rondrol, klink beter. Daar is plekke, mense, beelde in Suid-Afrika wat jy net met Afrikaans kan vasvang.” Kramer meen aangesien Afrikaans hier gebore is, is die verbintenis van die taal met die landskap baie sterk. Hy het destyds besef hy moet in Suid-Afrika bly as hy daaroor liedjies wil skryf.

‘n Aantal skrywers wat bydraes in As almal ver is gelewer het, het Kramer en sy musiek genoem as ‘n rede waarom hulle na Suid-Afrika terugkeer.
Die sanger Andries Bezuienhoud het by die bekendstelling liedjies met ‘n emigrasie-tema gesing, onder meer “’n Man stap” van Kramer.

Bezuidenhoud het gesê daar moenie ‘n onregverdige gaping tussen ons en die “ex-pats” wees nie. Dit traak hom nie as mense trek nie, tensy dit weens “vrees en haat” is.

As almal ver is vlieg blykbaar reeds van die rakke af en Bezuidenhoud meen dit is omdat die boek nie in die “gly of bly debat” vasval nie. Boonop is die onderwerp volgens hom “’n werklikheid vir soveel mense – iets waaroor hulle dink”.

Galery

Andries Bezuidenhoud Andries Bezuidenhoud, David Kramer, Francois Smith en Danie Marais David Kramer David Kramer Andries Bezuidenhoud en David Kramer Andries Bezuidenhoud, David Kramer, Francois Smith en Danie Marais Danie Marais Maryke Pienaar en Rousseau Pienaar Chris Kamfer en Ben Schoeman Matilda Smith, Clive Smith en Janette van Rensburg Annette Klinger en Priscilla Magadzire Rina Fourie, Lourien Fourie en Jadri Fourie Nannette Burger en Rhenie Myburgh Cecile Cilliers en Nico Jordaan Lila Komnick, Gunther Komnick en Alet Louw Elsabe Meyer en Bep Jacobs Belinda Southey en Kiera Powell Tasha Tyler en Marlene Jordaan

Boekbesonderhede

 

Bekendstelling (Tygervallei): Sonbrand en Braaiboud: Die beste van Weg! 2

August 5th, 2009 by Ronel S

Sonbrand en Braaiboud Bekendstelling - Tygervallei

Tafelberg en Exclusive Books Lekkerleesfees nooi jou hartlike uit na die bekenstelling van Sonbrand en Braaiboud: Die beste van Weg! 2 saamgestel deur Bun Booyens.

Joernalis Erns Grundling in gesprek met Booyens, Toast Coetzer en Dana Snyman. Sien jou daar!

(more…)

 

Elke rubriek in Sonbrand en Braaiboud is uniek

July 22nd, 2009 by Ronel S

Erns Grundling, Bun Booyens, Dana Snyman, Jaco Kirsten en Toast Coetzer

Sonbrand en BraaiboudDaar is geen vaste resep vir ‘n rubriek in die Afrikaanse reistydskrif Weg! nie. Juis dáárin lê die sukses van dié rubrieke.

Die verskyning van die tweede keur uit Weg! se reisrubrieke, Sonbrand en Braaiboud, bevestig dié sukses.

Bun Booyens, redakteur van Weg!, het gisteraand by die boek se bekendstelling in The Book Lounge gesê hy kan nie ‘n vaste definisie aan ‘n Weg!-rubriek gee nie. As hy dít doen, sal hy “iets van ‘n rubriek doodmaak”.

Die rubrieke is een deel van die tydskrif wat Booyens, as noukeurige redigeerder, nie streng kan beheer nie. “Volgens my is enigiets meer as 15 woorde in ‘n sin oorbodig, maar dan kom Toast (Coetzer) en skryf ‘n sin van 48 woorde! Dis anargie, maar dit werk.”

In Afrikaanse reisrubrieke is die idioom volgens Booyens nog nie gedefinieer nie. In Engels word woorde soos “nestled” en “sleepy” dikwels gebruik. In Afrikaans skep elke rubriekskrywer sy eie kreatiewe beskrywings.

Jaco Kirsten, een van die skrywers wat in die boek opgeneem is, het gesê hy speel eers met ‘n paar idees vir ‘n rubriek, maar hy weet gou wanneer hy oor ‘n onderwerp sal kan uitwei en wanneer nie. Hy hou daarvan om sy opinie te gee.

“Daar is egter net een manier om ‘n rubriek te skryf. Jy moet sekere dele van die anatomie op die stoel plak en begin werk,” het Kirsten gesê.

Dana Snyman stem saam dat rubriekskryf sweet verg. “As daar sprake van talent is,” sê hy, “is dit my geheue – ek het nogal n kwaai geheue”. Snyman hou daarvan om oor “gewone goed soos pies” te skryf.
(more…)

 

Bekendstelling: Sonbrand en braaiboud: Die beste van Weg! 2

July 16th, 2009 by Ronel S

Sonbrand en Braaiboud Bekendstelling

Tafelberg Uitgewers en The Book Lounge nooi jou hartlik uit na die bekendstelling van Sonbrand en braaiboud, saamgestel deur Bun Booyens.

  • Datum: Dinsdag, 21 Julie 2009
  • Tyd: 17:30 vir 18:00
  • Plek: The Book Lounge, Roeland Straat 71
    Kaapstad | Kaart
  • Erns Grundling in gesprek met: Bun Booyens, Dana Snyman, Jaco Kirsten en Toast Coetzer
  • RSVP: booklounge@gmail.com, 021 462 2425

Oor die boek

Ná die sukses van die eerste versameling Weg-verhale Waar die leeus Afrikaans verstaan, neem dié tydskrif se topskrywers jou weer op reis.

Sonbrand en Braaiboud: die beste van Weg! 2 sal jou laat lag en onthou. Herleef die soet en suur van gesinsvakansies by die see en raak nostalgies oor alles van kerkbasaars tot kalwerliefde in die kampterrein. Dana Snyman filosofeer oor die plek van die vleispastei en die interessante karakters wat hy op pad ontmoet, terwyl Jaco Kirsten verduidelik hoe jy jou vrou kan oorreed om die jongste 4×4 te koop.

Vat die langpad met dié 50 verhale onder jou blad.
(more…)